Oor­win­ning vir A­ren­de

Oudtshoorn Courant - - CLASSIFIEDS -

Die SWD A­ren­de het Vry­dag­aand hul vier­de vol­pun­te oor­win­ning ag­ter­een­vol­gens be­haal toe hul­le die Bo­land Ka­va­liers op Ou­te­ni­qua­park met 54-28 ge­klop het.

Na vyf ron­des in die Cur­rie­be­ker-reeks se Eer­ste Li­ga-kom­pe­ti­sie is die A­ren­de nou eer­ste op die pun­te­leer met 21 pun­te en ‘n pun­te­ver­skil van (+66).

Die Lui­perds, wat die voor­lo­per op die pun­te­leer was, is die af­ge­lo­pe na­week deur die G­rif­fons met 40-29 ver­ras.

Die A­ren­de pak Sa­ter­dag­mid­dag om 15:00 die OP O­li­fan­te wat Vry­dag­mid­dag in Kemp­ton Park deur die Val­ke met 101-29 ver­mor­sel is, op die De­spa­tch-sport­ter­rein.

Vir die man­ne van die Suid-Kaap is dit be­lang­rik om bo-aan die pun­te­leer te ein­dig en die kom­pe­ti­sie vir die eer­ste keer in hul ge­skie­de­nis te wen. Die wen­span sal in ‘n pro­mo­sie/re­li­ga­sie-wed­stryd teen die Vry­staat-C­hee­tahs se Cur­rie­be­ker­span speel, wat tans laas­te op die pun­te­leer is.

SWD het ‘n groot te­rug­slag ge­kry toe hul Wyn­and Gras­sman, flank, in die twee­de helf­te die veld moes ver­laat het weens ‘n kop­be­se­ring. Gras­sman is ver­vang deur Jan­ne­man Stander.

Die skeids­reg­ter, A J Ja­cobs, het vir Luz Ko­za (los­kop­stut) en Ni­co­laas Im­mel­man (flank) van die A­ren­de as­ook C­lin­ton T­heron (vas­kop­stut) van die Ka­va­liers met geel­kaar­te van die veld ge­stuur.

Die A­ren­de het in die eer­ste helf­te skit­te­ren­de hard­loop­rug­by ge­speel en vyf drieë ge­druk en was na 36 mi­nu­te se spel reeds met 36-14 voor ge­wees.

Swak be­sluit­ne­ming in die eer­ste helf­te deur Bo­land om lie­wer die kant­lyn op te soek as om pa­le toe te skop, het hul duur te staan ge­kom.

Bo­land het na rus­tyd met ‘n puik te­rug­veg­po­ging be­gin. Die A­ren­de het ook ‘n fout ge­maak deur te veel bal­be­sit te­rug te skop in die Ka­va­liers se han­de. Bo­land het aan­ge­val en twee skit­te­ren­de drieë ge­druk.

Jan­ne­man Stander, plaas­ver­van­ger-flank, is in die 68ste mi­nuut oor vir sy span se ses­de drie. Die wen­span se vlug­voe­ti­ge heel­ag­ter, Leig­h­ton Ek­steen, wat by tye die Ka­va­liers dronk ge­hard­loop het, was on­ge­twy­feld die bes­te spe­ler op die veld. Ek­steen, wat aan­ge­wys is as spe­ler van die wed­stryd, is in die 29ste mi­nuut oor vir ‘n drie. In die 79ste mi­nuut het hy ge­wys wat­ter gees in die A­ren­de kamp heers toe hy oor die doel­lyn is en die bal vir sy me­de­spe­ler, Kir­sten Heyns, plaas­ver­van­ger-lin­ker­vleu­el) laat loop het om af te rond.

Die A­ren­de se skerp­skut­ter, Di­van Nel (los­ska­kel), wat die voor­ste pun­te­ma­ker in die kom­pe­ti­sie was met 52 pun­te, het weer 19 pun­te met die skoen aan­ge­te­ken. Sy tak­tie­se skop­pe en bal­ver­sprei­ding was uit die boon­ste rak­ke.

Ty­ler Fis­her, bui­te­sen­ter van die A­ren­de (links voor), trek ‘n Bo­lan­der aan sy trui grond toe met sy span­maat Wyn­and Gras­sman, flank, wat hom in ‘n kop­klem vas­gryp. Ag­ter hou Lux Ko­za, stut, die pe­tal­je dop. Die A­ren­de het die Bo­land Ka­va­liers met 54-28 af­ge­slag. Fo­to’s: An­ton Ge­ric­ke en Hugo Re­de­ling­huys

Ja­c­ques Ver­maak, kap­tein en ha­ker van die A­ren­de, druk sy drie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.