Oudtshoorn Courant

Schoeman behou Timbercity-titel

- HANNES VISSER

Anriëtte Schoeman het haar titel as vrouewenne­r van die Timbercity Cycle Challenge oor 104 km Sondag behou. Sy het die roete vanaf Brian's Grill tot by die draaipunt by Matjiesriv­ier en terug in 'n tyd van 03:08:13 kafgetrap. Mellusca Toovey en Lauren Coleman was onderskeid­elik tweede en derde.

In die mansafdeli­ng het verlede jaar se wenner, Louis Visser, vierde geëindig. Hy het slegs twee dae voor die wedren uit Europa teruggekee­r waar hy vir 'n klub ry. Die manswenner was Nicol Carstens in 'n tyd van 02:42:59 met Rohan du Plooy en Rynhardt Marais tweede en derde.

Die eersteplek­wenners van die ander afdelings oor 104 km was soos volg:

Phillo Verlaat (parafietsr­yers - 57km), Amanda Akom (dames 40+): Pierre Jearrenaud (mans 60+), Pieter de Vos (mans 50-59), Joffrey Pienaar (mans 4049), Lauren Coleman (dames 30-39), Tim Toovey (mans 30-39), Ashleigh Parsons (dames o.19), Linwill Jansen (mans o.19), Nicol Carstens (mans o.23), Anriëtte Schoeman (elite dames) en Rohan du Plooy (elite mans).

Ongeveer 250 fietsryers het vir die wedrenne oor 104 en 57 km ingeskryf. Meer as 150 van hulle het aan die 104 km deelgeneem. 'n Pretrit vir kinders oor 8 km is ook aangebied.

Die Timbercity Cycle Challenge dien ook as 'n bepaler vir wegspringp­lekke van fietsryers wat volgende jaar aan die Cape Town Cycle Tour (voorheen die Argus) deelneem.

 ?? Foto: Ebenezer Titus ?? Petro Westraadt van Timbercity by die manswenner­s. Van links is: Rohan du Plooi (2de), Nicol Carstens (1e) en Rynhardt Marais (3e).
Foto: Ebenezer Titus Petro Westraadt van Timbercity by die manswenner­s. Van links is: Rohan du Plooi (2de), Nicol Carstens (1e) en Rynhardt Marais (3e).
 ?? Foto:
Ebenezer Titus ?? Die vouewenner­s is van links: Mellusca Toovey (2de), Anriette Schoeman (1ste) en Lauren Coleman (3de).
Foto: Ebenezer Titus Die vouewenner­s is van links: Mellusca Toovey (2de), Anriette Schoeman (1ste) en Lauren Coleman (3de).
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die eienaar van Timbercity en borg van die wedren, André van Greunen by Corné Bence van Fietsry SA.
Foto: Hannes Visser Die eienaar van Timbercity en borg van die wedren, André van Greunen by Corné Bence van Fietsry SA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa