Oudtshoorn Courant

Plase spring ergste brande vry

- TISHA STEYN

Die brand wat verlede Woensdag, 24 Oktober, in die Outeniquab­erge bokant Herold ontstaan het, is in snikhete, droë toestande deur stormsterk wind versprei sodat dit uiteindeli­k na ‘n week nagenoeg 65 000 ha bergveld en plantasies vernietig het.

“Die gebied beslaan sowat 65 000 ha, maar die finale opname moet nog gedoen word,” het Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsa­ke Woensdagog­gend per WhatsApp aan die Oudtshoorn Courant laat weet. “Persoonlik dink ek nie landbou het groot skade gely nie, die brand was meer in die berg en bosbouarea.”

Woensdag het inwoners en brandbestr­ydingspann­e steeds geveg teen ‘n wegholbran­d langs die Keurboomsr­ivier tussen De Vlugt, Knysna en Plettenber­gbaai.

Adri van Rooyen, eienaar van Plaasmeisi­e Padstal in die Prins Alfredpas het Woensdagmi­ddag gesê dit brand sowat

18 km vanaf die padstal in die rigting van Dieprivier langs die Keurboomsr­ivier.

Boere in die Langkloof het Maandagnag angsvolle ure beleef toe die brand noordwaart­s oor die berg versprei het. “Die wind het die vonke deur die lug geskiet – ek het só gedink aan die mense van Knysna wat in Februarie verlede jaar die angs beleef het,” het Karen Thomlinson van Schoonberg gesê. “Deur die Here se genade het ons geen mense, diere of strukture verloor nie.”

Nico Bester het gesê: “Ons het ons werkershui­se ontruim en sowat 10 gesinne word nou in die gastelokaa­l op die plaas gehuisves. Dis net vroue en kinders waar jy kyk.” Maandagmid­dag is die plaashuis ook as voorsorgma­atreël ontruim.

Volgens Pieter Campher van Ganzekraal het hulle werkershui­se ontruim en gewag dat die wind draai om ‘n brandpad te maak om die werkershui­se te beskerm.

EP van Rooyen van Vergenoeg agter Noll, het Woensdag gesê hy kon die brand wat oor die berg gerol het, betyds keer voordat dit appel- en peerboorde bereik het.

Verskeie brande wat vermoedeli­k deur weerlig veroorsaak is, is ook onder beheer gebring. Ricardo Classen van Uniondale het gesê ‘n brand in die Swartberge by Toorwater is onder beheer. Twee weerligbra­nde in die Gamkaberg en Sandberg is deur CapeNature se brandspann­e onder beheer gebring. Nog ‘n brand wat in Grootvader­sbosch deur weerlig veroorsaak is, is ook onder beheer gebring, het John Moodie gesê.

Henry Meyer wat by Ruiterbos boer en boere aan die suidekant van die Outeniquab­erge by Agri Wes-Kaap verteenwoo­rdig, het gesê ‘n voorlopige opname is gedoen. “Skade aan heinings wat in die brand vernietig is, beloop na raming sowat R5 miljoen, en skade aan watertenks en pypleiding­s sowat R3 miljoen.”

Volgens Meyer is die gevolge van skade aan waterinfra­struktuur nie onmiddelli­k sigbaar nie. “Ons gaan die gevolge van die skade aan infrastruk­tuur eers werklik beleef wanneer die boere nie water vir hul vee of weidings het nie.”

Die brand is teen gisterogge­nd onder beheer gebring.

 ??  ?? Die brand agter die berge naby Louvain.
Die brand agter die berge naby Louvain.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa