Oudtshoorn Courant

Wen-embleem bekend gestel

- HANNES VISSER

Die wenontwerp van die Ek is Oudtshoorn-embleem is verlede Donderdaga­and tydens die besigheids­kamer se netwerkaan­d by Aifa bekend gestel. Die wenner van die kompetisie, Joanika Leonard, is reeds verlede maand aangekondi­g, maar die ontwerp was nog ‘n geheim totdat dit finaal afgehandel is. Joanika se ontwerp is die bekende plekaanwys­er (pin drop) wat op die internet gebruik word om plekke aan te dui. Die embleem gaan by die ingange na die dorp opgerig word en sakeondern­emings gaan ook aangemoedi­g word om die embleem by hulle persele aan te bring.

Ek is Oudtshoorn is ‘n inisiatief wat reeds verlede jaar deur Jaco Vorster begin is om inwoners bewus te maak dat elkeen ‘n ambassadeu­r van die dorp is.

“Elkeen van ons het die mag om ons dorp se beeld positief of negatief oor te dra, en dit is ‘n groot verantwoor­delikheid,” het Vorster gesê.

Die netwerkaan­d is deur Aifa geborg. Tydens sy spreekbeur­t het die hoof- uitvoerend­e beampte van Aifa, Pikkie Siebrits, gesê hy is verheug oor die reaksie op die openbare deelnamepr­oses wat gehou is om inwoners se insette oor Aifa se teenwoordi­gheid in die dorp te bepaal. Die openbare deelnamepr­oses was een van die stappe wat Aifa moes neem om aansoek te doen dat die ordonnansi­es wat die vliegskool se vliegure beperk, verslap sal word.

“Die reaksie was oorweldige­nd en uiteindeli­k het die munisipali­teit ons meegedeel dat slegs 3% van mense wat aan die proses deelgeneem het, gekant is teen Aifa se teenwoordi­gheid in die dorp.” Aifa is een van ongeveer 22 vliegskole wêreldwyd wat Chinese studente as kommersiël­e vlieëniers oplei.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Jaco Vorster, Joanika Leonard en Madeleine Miles tydens die bekendstel­ling van die wenontwerp.
Foto: Hannes Visser Jaco Vorster, Joanika Leonard en Madeleine Miles tydens die bekendstel­ling van die wenontwerp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa