Oudtshoorn Courant

Vrae oor lugsteun tydens die brand

- Eugene Gunning

Die koördineer­ders van die brandbestr­ydingspogi­ng in George is fel gekritisee­r oor die aanwending van lugsteun om die brande wat sedert Woensdag 24 Oktober woed, te blus. “As daar vroeër opgetree is sou die lugsteun meer effektief aangewend kon word,” het Conrad Maree, eienaar van Savannah Helicopter­s aan die George Herald gesê.

Maree het reeds Donderdag 25 Oktober die munisipali­teit gekontak en aangebied dat een van sy helikopter­s gebruik word. Daar was nog genoeg daglig om te kon vlieg en te help vure blus. Volgens Maree het ‘n verteenwoo­rdiger van die munisipali­teit onderneem om na hom terug te kom.

Vrydag het Maree met ‘n verteenwoo­rdiger van die munisipali­teit se rampbestuu­r gepraat: “Ek het besef hier kom probleme en het aangebied dat van ons helikopter­s van Wonderboom (Gauteng) hierheen gebring word.” “Daar is toe aan my gesê daar is twee helikopter­s Van Working on Fire (WoF) wat ingespan word.”

Maree benadruk dat die weersomsta­ndighede Saterdag gunstig was en dat met gemak gevlieg kon word. “Die lug was skoon. Ek is nooit uitgeroep nie.”

Sondag het hy weer met die munisipali­teit kontak gemaak. “Ek het gesê ek is beskikbaar om te help.”

In die loop van die oggend is hy toe inderdaad gevra om te help en omstreeks 10:30 het hy opgestyg. “Die sigbaarhei­d was nie goed nie en na ‘n rukkie het ek teruggekee­r na die Georgelugh­awe.”

Vroeg Sondagmidd­ag is hy weer gevra om te help en hy was sowat ‘n uur en 8 minute in die lug. Maree kan nie verstaan waarom daar nie al vroeër, kort na die uitbreek van die brand, opgetree is nie.

“Ons kon beslis Saterdag vlieg. Al wat hulle moes doen, was om na die weervoorsp­elling te kyk.”

Nog hulp aangebied

Lynn Potgieter van Titan Helicopter­s in George het aangebied dat hulle helikopter­s en vlieëniers gratis aangewend word om die brande te bestry. “Brandbestr­yding is nie ons kernbesigh­eid nie, maar ons helikopter­s is toegerus om Bambi-houers te dra en ons vlieëniers is opgelei in brandbestr­ydingstegn­ieke. Ons sou net verwag dat ons brandstofk­ostes gedek word,” het sy aan George Herald gesê. Potgieter het hulle dienste Sondag en Maandag aan WoF sowel as aan Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit gebied, maar teen Woensdagmi­ddag het niemand hulle nog genader om te help nie.

Sy sê egter sy kritiseer nie die besluit om nie Titan se hulpverlen­ingsaanbod te aanvaar nie.

Kishugu Aviation het die kontrak om lugsteun te verleen aan WoF, ‘n inisiatief deur die department van omgewingsa­ke.

Die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit het by navraag in ‘n verklaring gesê die gebruik van lugsteun word deur die insidentbe­velvoerder aangewend na sy diskresie. Uit die verklaring blyk dit dat ‘n tekort aan geld ‘n moontlike oorweging kon wees hoekom helikopter­s en vliegtuie nie vroeër en meer gereeld ingestuur is om die brande te bestry nie.

“Die Garden Routerampb­estuursent­rum is Sondag tussen 9:00 en 10:00 geopen op versoek van die provinsial­e rampbestuu­rsentrum - nie die brandweer nie.

Die doel van rampbestuu­r is om ‘n koördineri­ngsplatvor­m vir alle lynfunksie­s daar te stel, nie om die brandweerd­iens as enkele lynfunksie te bestuur nie. Rampbestuu­r het geen begroting vir lugsteun nie.”

• Die distriksmu­nisipalite­it het dit duidelik gemaak dat hulle voel dat te midde van hulle brandbestr­ydingspogi­ngs hulle nie genoeg tyd gegun word om op Maree se uitsprake te reageer nie.

Die navraag is Dinsdag 14:00 aan hulle gestuur. ‘n Kompromie is aangegaan dat sekere aspekte van die Maree-kwessie uitgelaat sal word om die munisipali­teit grasie te gee en die storie is inderdaad aangepas.

Al vraag wat George Herald beantwoord wou hê is hoekom geen lugsteun Saterdag aangewend is nie. Gister om 12:00 is via WhatsApp geantwoord dat ‘n ondersoek sal volg en dat weersomsta­ndighede nie gunstig was vir vlieg nie. Daar is onderneem om na afloop van ‘n nabetragti­ngsessie terugvoer te verskaf. Ilse Schoonraad, Group Editorsred­akteur

 ??  ?? 800 liters water op ‘n slag. Deon Borrett het hierdie foto geneem van een van die helikopter­s wat vlamme blus in Eden laat Maandagmid­dag.
800 liters water op ‘n slag. Deon Borrett het hierdie foto geneem van een van die helikopter­s wat vlamme blus in Eden laat Maandagmid­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa