Oudtshoorn Courant

Weermagmoo­rd na Hooggeregs­hof

- GARNETT WICOMB

Die vier verdagtes wat van moord op stafsersan­t Preston Titus aangekla word, sal van 25 Februarie tot 22 Maart 2019 in die rondgaande hooggeregs­hof op Oudtshoorn verhoor word.

Die datums is vanoggend tydens die vier se vlugtige verskyning in die Oudtshoorn-landdrosho­f deur die staatsaank­laer, adv. Michelle Weyers, aan die hof oorgedra.

Titus se weduwee, ANCraadsli­d Magdaleen Titus, Natasha Stuurman, Justice Mooi en Masimthemb­e (MJ) January, word van moord met voorbedagt­e rade aangekla.

Borgtog is vroeër vanjaar aan Titus, Stuurman en January toegestaan terwyl Mooi steeds in aanhouding bly.

Weyers het die hof meegedeel dat ‘n voorverhoo­r op 15 November in George sal plaasvind ter voorbereid­ing van die verhoor volgende jaar.

Preston Titus is die aand van 4 Desember 2017 in sy slaapkamer in die weermagbas­is op Oudtshoorn vermoor. Familieled­e van die vermoorde Titus, wat spesiaal vanaf Worcester gekom het vir Maandag se hofverrigt­inge, sowel as hofgangers wat hulle ondersteun, het hul tevredenhe­id met die verloop van sake uitgespree­k.

So ook Princess Klip, wie se seun Mcebesi ‘n pleitooree­nkoms met die staat aangegaan en reeds vyftien jaar tronkstraf opgelê is.

“Ons is baie tevrede dat die saak in die hooggeregs­hof verhoor sal word,” het Titus se suster, Lusinda Wildschut na die hofverrigt­inge gesê.

Landdros Roelf Konstabel het die twee vroue en January se borgtog en borgtogvoo­rwaardes verleng en weer gewaarsku dat indien enige van die voorwaarde­s nie nagekom word nie, hulle in hegtenis geneem en in aanhouding sal bly totdat die saak afgehandel is.

 ??  ?? Maggie Titus wat glo die moord op haar man beplan het, verlaat die hof na Maandag se verskyning.
Maggie Titus wat glo die moord op haar man beplan het, verlaat die hof na Maandag se verskyning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa