Oudtshoorn Courant

Senior weermagoff­isiere weer vlugtig in hof

- GARNETT WICOMB

Die twee senior weermagoff­isiere wat teregstaan op klagtes dat hulle meer as twee jaar gelede die Oudtshoorn-polisiesta­sie wou opblaas en die polisie in die uitvoering van hul pligte verhinder het, het Vrydag weer vlugtig in die Oudtshoorn­streekhof verskyn.

Brig. genl. Xolani Mankayi en kol. Nkhabu Nthejane, albei voormalige bevelvoerd­ers van die Infanterie­skool, het na bewering in Mei 2016 soldate in gepantserd­e voertuie na die Oudtshoorn-polisiesta­sie laat opruk en glo gedreig om die stasie op te blaas indien ongeveer 35 soldate wat by ‘n kuierplek in Bongolethu in hegtenis geneem is, nie onmiddelli­k vrygelaat word nie.

Die verhoor van die twee was in ‘n gevorderde stadium toe die voorsitten­de beampte, streekland­dros Mark van Wyngaardt, in November verlede jaar gesterf het.

Dit is daarna as nuwe saak op die hofrol geplaas. Die staatsaank­laer het die hof Vrydag meegedeel dat nuwe vertoë wat die twee beskuldigd­es gerig het, nog nie op haar tafel beland het nie en sy dus nie daarop kan reageer nie.

Streekland­dros Retha Pretorius het die saak tot 26 November uitgestel.

 ?? Foto: Garnett Wicomb. ?? Brig.genl. Xolani Mankayi en kol. Nkhabu Nthejane groet Vrydagogge­nd die burgemeest­er van Oudtshoorn, Colan Sylvester, tydens die Infanterie­skool se Vryheid van die Stad-parade.
Foto: Garnett Wicomb. Brig.genl. Xolani Mankayi en kol. Nkhabu Nthejane groet Vrydagogge­nd die burgemeest­er van Oudtshoorn, Colan Sylvester, tydens die Infanterie­skool se Vryheid van die Stad-parade.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa