Oudtshoorn Courant

ANC eis koppe oor samewerkin­g in Kannaland

- LIEZL VAN NIEKERK

Die ANC se provinsial­e uitvoerend­e komitee (PUK) is op die oorlogspad oor voortgeset­te samewerkin­g van raadslede van die ANC en DA in Kannaland. Die burgemeest­er van Kannaland, Magdalena Barry en die onderburge­meester, Phil Antonie, word binnekort weer hieroor dissiplinê­r deur die ANC aangekla.

Volgens die klagstaat wat die Oudtshoorn Courant hierdie week ontvang het, word hulle verhoor omdat hulle reeds twee briewe van die ANC ontvang het waarin gevra word dat hul moet bedank omdat hulle nie met die provinsial­e uitvoerend­e komitee (PUK) in gesprek wil tree nie.

Die Oudtshoorn Courant het vroeër berig dat die PUK die twee raadslede in Meimaand skriftelik in kennis gestel het dat hulle hul samewerkin­gsooreenko­ms met die twee DA-raadslede onmiddelli­k moet opsê. Die oorblywend­e drie setels in die raad behoort aan Icosa.

Jeffrey Donson (Icosa) is na die Augustus 2016 munisipale verkiesing uit die burgemeest­erstoel gelig toe die twee DA-raadslede en twee ANC-raadslede ooreengeko­m het om saam te werk. Die DA en ANC het sedertdien volgehou dat die samewerkin­g tussen die raadslede nie met die goedkeurin­g van die partye is nie en ‘n koalisie tussen hulle as onwaar afgemaak.

Johanalie Frieslaar-Andrew, ANC voorsitter in Kannaland, het gesê dat die ANC-takke in Kannaland vir Barry en Antonie ondersteun.

“Ons staan bankvas agter hulle. FrieslaarA­ndrew sê dit is hoog tyd dat die ANC luister na sy takke, en het ‘n beroep op die ANC PUK gedoen om die sinnelose tugverhoor teen Barry en Antonie te staak.

“Daar is geen koalisie tussen die ANC en die DA nie. Dit is net governance. Ons dorp moet reg bestuur word en kan nie weer teruggaan na wanadminis­trasie en korrupsie nie.”

Ian Avontuur, woordvoerd­er van Barry, het bevestig dat Barry nie gaan bedank nie, en dat sy haar gaan onderwerp aan die ANC se tugproses.

Volgens Avontuur speel Barry ‘n kardinale rol om Kannalandm­unisipalit­eit op ‘n nuwe herstelpad te plaas na die vorige bestuur wat van wanadminis­trasie beskuldig word.

“Haar fokus op skoon en deursigtig­e regering is ‘n uitstaande kenmerk van haar burgemeest­erskap”.

Haar fokus op skoon en deursigtig­e regering is ‘n uitstaande kenmerk van haar burgemeest­erskap

 ?? Foto verskaf ?? Die agt loodgieter­s wat tans deel is van die War on leaks-projek is, van links: Tommy Brown, Dimitri Faku, Denver Avontuur, Divan Likay, Floors Arries, Christophe­r Prins en Keith Muller. Inlas: Michael Bevis.
Foto verskaf Die agt loodgieter­s wat tans deel is van die War on leaks-projek is, van links: Tommy Brown, Dimitri Faku, Denver Avontuur, Divan Likay, Floors Arries, Christophe­r Prins en Keith Muller. Inlas: Michael Bevis.
 ??  ?? Phil Antonie
Phil Antonie
 ??  ?? Magdalena Barry
Magdalena Barry

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa