Oudtshoorn Courant

Tabak-oes ‘verstommen­d’ ten spyte van droogte

- TISHA STEYN

Die afgelope seisoen se tabakoes het alle verwagting­e oortref, veral in die lig van die droogte.

“Dit was een van die moeilikste seisoene wat ek nog ooit beleef het,” sê Chris Botha, wat 30 jaar lank in Matjiesriv­ier geboer het. “Tog is ek verstom oor die goeie tabak-oes wat ten spyte van die moeilike omstandigh­ede gelewer is.”

Volgens Botha was die uitdagings die voortslepe­nde droogte, 40% minder reënval en beskikbare water, fluktuasie in temperatur­e, en ‘n haelbui wat 20% van die oes vernietig het.

“Die droogte duur nou al twee seisoene – reënval was 40% minder, wat gelei het tot 40% minder water in die bergstrome wat vir besproeiin­g beskikbaar was. Die boorgate het opgedroog.

“Die temperatur­e het skerp gewissel – binne die bestek van ‘n paar dae het die temperatuu­r van 47°C geval tot onder vriespunt, wat ryp veroorsaak het. Die droogte en temperatuu­rwisseling is stresfakto­re wat veroorsaak het dat die tabakplant­e te vroeg begin blom het.

“Boonop het ‘n haelbui, wat 20% van die oes vernietig het, te laat in die seisoen voorgekom om die plante kans te gee vir hergroei,” sê Botha.Volgens Janno Koen, agronoom van Universal Leaf SA (ULSA), vir wie boere lugdroogta­bak produseer, was die oes baie bevredigen­d. “Ten spyte van hierdie uitdagings het boere wat lugdroogta­bak produseer gemiddeld 2 950 kg/ha gelewer – die mikpunt was 3 000 kg/ ha. Sommige boere het meer as 4 000 kg/ha produseer.”

Volhoubaar­heid

“Vir ULSA gaan dit oor volhoubaar­heid sodat produsente oor 10, 20 jaar steeds in die tabakbedry­f kan wees,” sê Koen.

“Ons probeer so doeltreffe­nd moontlik met ons beskikbare grond, water, mense, plantmater­iaal en fondse werk, en navorsing deur die Wes-Kaapse departemen­t van landbou en ULSA maak dit moontlik.”

Die sukses kan aan ‘n aantal faktore toegeskryf word:

Omdat tabak ‘n baie kort produksiet­yd het, het tabakboere geleer om baie vinnig aan te pas.

Feitlik al die produsente (98%) het drupbespro­eiing installeer wat die bietjie beskikbare water ten beste benut het.

Met behulp van die departemen­t se Fruitlook-program word die groei, grondvog en watergebru­ik gemonitor.

Navorsing deur privaat instansies wat chemikalie­ë verskaf, dra by tot grondgeson­dheid, wat roofbou voorkom en wat daartoe lei dat plante minder vatbaar is vir peste en plae, soos aalwurm.

Opleiding deur die departemen­t en ULSA verseker die beste arbeidspra­ktyke, insluitend beroepsvei­ligheid en lewenstand­aard, wat ooreenstem met internasio­nale vereistes.

Kontak Janno Koen by 082 703 2470 of Chris Botha by 084 250 2483 vir meer inligting oor tabakprodu­ksie.

 ?? Foto: Hannes Visser. ?? Coronation Memorial tehuis vir bejaardes in Impalaweg, Bridgton.
Foto: Hannes Visser. Coronation Memorial tehuis vir bejaardes in Impalaweg, Bridgton.
 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Chris Botha voormalige tabakboer en Janno Koen, agronoom van Universal Leaf SA (ULSA).
Foto: Tisha Steyn Chris Botha voormalige tabakboer en Janno Koen, agronoom van Universal Leaf SA (ULSA).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa