Oudtshoorn Courant

Bestuurskw­essies raak bejaardeso­rg

- HANNES VISSER

Voortslepe­nde onmin tussen die bestuur en die beheerligg­aam van Coronation Memorial tehuis vir bejaardes het skynbaar ‘n negatiewe invloed op die sorg van bejaardes by die tehuis.

Die Oudtshoorn Courant het die afgelope drie weke gesprekke gehad met verskeie rolspelers wat by dié tehuis vir behoeftige bejaardes betrokke is. Uit die gesprekke blyk dit dat daar onmin oor ‘n aantal kwessies tussen die bestuurder, Clive Veldsman, en die beheerligg­aam onder voorsitter­skap van Charles Basson, heers.

‘n Lid van die publiek het die Oudtshoorn Courant ongeveer drie weke gelede genader en sy kommer uitgespree­k dat rekeninge van ‘n aantal diensversk­affers van Coronation Memorial agterstall­ig is. Dit het rekeninge van Telkom, die munisipali­teit sowel as ‘n maatskappy wat etes aan die bejaardes verskaf, ingesluit. Die persoon het ook gesê dat daar nie geld beskikbaar is vir die personeel om daaglikse aankope en kostes soos brandstof te dek nie. By verdere navraag het dit aan die lig gekom dat daar tans onopgelost­e kwessies tussen die bestuurder en die beheerligg­aam is wat daartoe lei dat dienste nie betaal word nie. In ‘n gesprek met Veldsman beweer hy die beheerligg­aam verhinder hom om sy pligte as berstuurde­r uit te voer. In reaksie op die beweringes het Basson navrae na die beheerligg­aam se prokureur, Gideon Badenhorst, verwys.

Badenhorst het Dinsdag aangedui dat ‘n tugverhoor gister sou plaasvind en dat hy nie voor afhandelin­g van die proses kan reageer nie. Veldsman het Woensdag gesê hy dra geen kennis van enige tugverhoor wat dié week sou plaasvind nie. Die Oudtshoorn Courant het besluit om inligting wat ontvang is, en die inhoud van navrae terug te hou totdat die verhoor wat hierdie week sou plaasvind, afgehandel is en die beheerligg­aam geleenthei­d gegun word om hulle kant van die saak te stel.

Intussen lyk dit steeds of personeel nie toegang het tot fondse om daaglikse aankope te doen nie en is organisasi­es soos die ACVV en lede van die publiek genader om hulp te verleen met die aankoop van dringende voorraad. Volgens personeell­ede ly die sorg van die 64 bejaardes by die tehuis onder die konflik tussen die bestuur en die beheerligg­aam. Coronation Memorial word finansier deur geld wat vanaf die departemen­t van maatskapli­ke ontwikkeli­ng ontvang word.

Die departemen­t het die tehuis op ‘n stadium onder administra­sie geplaas - juis as gevolg van bestuurspr­obleme.

Die huidige bestuur en beheerligg­aam is verlede jaar na afloop van die adminstras­ieperiode aangestel.

Coronation Memorial word finansier met geld wat vanaf die departemen­t van maatskapli­ke ontwikkeli­ng ontvang

word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa