Oudtshoorn Courant

Jeug kan ook uitsien na Leesfees

- MARLENE MALAN

Die jeugskrywe­rs Anzil Kulsen en Simon Bruinders is vanjaar die genooide gaste vir die afdeling vir hoërskooll­eerders van die Prins Albert-leesfees. Daarby stel Elsa Winckler, wat naam gemaak het as romanskryw­er, vanjaar haar eerste kinderboek op die fees bekend by ’n optrede vir laerskooll­eerders.

Bruinders, ook ’n bekende akteur, is die skrywer van die boek vir volwassene­s, Die Sideboard, maar hy het vanjaar sy eerste jeugboek, Die DJ, die lig laat sien. Kulsen se jongste jeugboek is Sôrrie maak nie gesond nie, en Wanneer is eendag? is die titel van Winckler se boek oor feetjies en karakters wat nét deur kinders gesien en gehoor kan word.

Saam met Kulsen en Bruinders gaan die

performanc­e poetry-groep van die digter Gaireyah Fredericks by die ouer leerders optree, asook die rapper Enzo Williams van Prince Albert en sy groep. Fredericks het bekend geword vir haar digbundel

Kaaps is Hollands. Sy is ’n student van die befaamde Diana Ferrus.

Volgens die Leesfees-komitee is die betrokkenh­eid van die jeug van die dorp en omgewing een van die belangriks­te fasette van die sewende Leesfees op die mooi Karoo-dorp. “Om te strewe deurtel e es en skryf” is dan ook die tema van Kulsen en Bruinders se aanbieding Vrydagogge­nd in die teater The Showroom.

Donderdagm­iddag bied Marisca Coetzee van die Leeslabora­torium aan die Universite­it van Stellenbos­ch vir onderwyser­s van die Karoo ’n sessie aan met praktiese wenke oor hoe om leerders van passiewe in aktiewe lesers te verander.

Dit word aangebied in samewerkin­g met die Hoërskool Zwartberg.

Anders skrywers

Ander skrywers wat vanjaar hier optree is Deon Meyer, Bettina Wyngaard, Nicol Stassen, Marinda van Zyl, Louise PuntFouché, Julian Jansen, André le Roux, Jeremy Vearey, Karin Cronjé, Petrovna Metelerkam­p, Martin Steyn, Jo Nel, Dennis Cruywagen, Tony Ulyatt, Gisela Ulyatt, Clinton du Plessis, Archie Swanson, Jolyn Phillips, Johannes de Villiers, Lukhanyo en Abigail Calata, Chris Marais en Julie du Toit, met oudradioma­n Dawid van Lill as hoofgespre­ksleier.

Musiek word verskaf deur Hannes Coetzee en die ghoemadigt­er Loit Sôls, en die orkeste Hatchetman en Orwellingt­on.

Ander inligting

Om die onderwyser­sessie (R10 pp) by te woon, skryf aan: christelle­smit08@gmail. com

Volledige program en aanlyn kaartjieve­rkope: Prince Albert Leesfees-App of www.princealbe­rtleesfees.org

Verblyf: www.princealbe­rt.org.za en www.princealbe­rtaccomm.co.za

Besoek Prince Albert Leesfees op Facebook vir inligting en foto’s

 ?? Foto: Barry Lamprecht. ?? Iman Booley (11) ontspan met boeke in die Prins Albert-biblioteek. Sy is een van die leerders wat uitsien om deel van die naweek se Leesfees te wees.
Foto: Barry Lamprecht. Iman Booley (11) ontspan met boeke in die Prins Albert-biblioteek. Sy is een van die leerders wat uitsien om deel van die naweek se Leesfees te wees.
 ??  ?? Simon Bruinders
Simon Bruinders
 ??  ?? Anzil Kulsen
Anzil Kulsen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa