Oudtshoorn Courant

AGS Bridgton vereer stigtersle­de

- GARNETT WICOMB

Die 75 ste bestaansja­arvieringe van die Apostolies­e Geloofsend­ing van SuidAfrika (AGS) Bridgton is die afgelope naweek voortgesit met die onthulling van ’n gedenkstee­n ter erkenning aan die drie stigtersle­de van die gemeente, wyle Pieter Frans, Jesaja (Abdul) Isaacs en Adam Blaauw.

Volgens Matilda Konnie, dogter van Abdul Isaacs, het haar pa en Pieter Frans destyds vanaf Mosselbaai na Oudtshoorn gekom om werk te soek. Frans en Isaacs het tot bekering gekom en die AGSgemeent­e is in die Isaacs-woning in St Georgestra­at begin. Adam Blaauw het van Prince Albert gekom en hom by die twee baanbreker­s aangesluit. Die drie het opelug dienste in ou Bridgton en ook in hul huise begin hou.

“Ek onthou ook dat baie huwelike in ons huis voltrek is,” het Konnie gesê.

Die opelug dienste is later deur die Oudtshoorn-munisipali­teit verbied, maar dit het nie die drie gelowiges gestuit nie. Die gemeenskap­saal in Bridgton, destyds bekend as die “bliksaal” is later bekom vir dienste op Sondae.

Die saal is Saterdae deur die Sewende Dag Adventiste gebruik en Saterdagaa­nde vir danse, waarna dit skoongemaa­k moes word vir die AGS se erediens Sondagogge­nde.

Volgens Konnie het nie een van die drie baanbreker­s titels agter hul name gehad nie. Hulle het van tyd tot tyd ook groot predikers van stede na Oudtshoorn genooi.

Daar is in 1966 begin met die bou van ‘n kerk in Springbokw­eg, en die huidige groter kerkgebou in Zebraweg is oor Paasnaweek in 2012 in gebruik geneem.

Die gemeente het Sondagogge­nd ‘n kort diens in die ou kerkgebou gehou en daarna na die huidige gebou gestap waar die gedenkstee­n deur pastoor Freddie Cupido onthul is.

Oorkondes is tydens die erediens aan vorige pastore en gemeentele­iers van weleer deur pastoor Freddie Cupido aan dié wat nog leef en familieled­e van oorledenes oorhandig.

Oudtshoorn-burgemeest­er, Colan Sylvester, het namens die raad en inwoners van Oudtshoorn die gemeente geluk gewens en gesê die kerkleiers het ten spyte van groot uitdagings, ‘n kerk gebou waarop hulle met reg trots kan wees.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Nageslagte van die drie stigters van die AGS Bridgton, Maria Buys, dogter van Adam Blaauw, Matilda Konnie, dogter van Abdul Isaacs en Oral Frans, kleinkind van Pieter Frans, saam met pastoor Freddie Cupido van die AGS Bridgton.
Foto: Garnett Wicomb Nageslagte van die drie stigters van die AGS Bridgton, Maria Buys, dogter van Adam Blaauw, Matilda Konnie, dogter van Abdul Isaacs en Oral Frans, kleinkind van Pieter Frans, saam met pastoor Freddie Cupido van die AGS Bridgton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa