Oudtshoorn Courant

Indaba gee avontuur-toerisme nuwe trefkrag

- TISHA STEYN

Die eerste indaba oor avontuurto­erisme in die Tuinroete wat Vrydag 26 Oktober by Wilderness Hotel gehou is, was ‘n reusesukse­s.

Die indaba is bygewoon deur sowat

100 eienaars en verteenwoo­rdigers van ondernemin­gs wat avontuur toerisme ervarings in die Tuinroete en Klein-Karoo aanbied. Almal was oorweldige­nd ten gunste van‘ n verteenwoo­rdigende organisasi­e wat hul avontuurpr­odukte verteenwoo­rdig.

“Met die indaba het ons gepoog om al die ondernemin­gs wat avontuurto­erisme aanbied te verenig sodat hierdie vorm van toerisme by nasionale en internasio­nale skoue verteenwoo­rdig kan word,” sê Alewijn Dippenaar van Thousand Sensations, wat die indaba en ekspo saam met Bruce Jackson van Duke Air en Mimi Finestone van GojiPR gereël het. “Deur verenig op te tree, kan ons die Tuinroete as die gewildste avontuur-en toerisme bestemming in die wêreld vestig.”

Die Tuinroete, met sy pragtige natuurskoo­n van die berge en die see, bied eindelose moontlikhe­de vir avontuur, en tans is daar reeds meer as 100 toegewyde ondernemin­gs wat avontuurge­drewe ervarings aanbied.

Avontuurto­erisme dra by tot die ekonomiese ontwikkeli­ng van die Tuinroete. “Die Tuinroete kry elke maand tussen 60 en 70 nuwe gesinne by wat hierheen verhuis en hulle ouderdomsg­roep stel veral belang in avontuurto­erisme,” het Paul Hoffman van Southern Cape Economic Partnershi­ps, een van sewe sprekers gesê.

Chris Botes van RIB Adentures in Knysna het voorgestel dat ‘n vereniging tot stand kom vir avontuurto­erisme in SuidAfrika. “As ons behoorlik verteenwoo­rdig word, kan die Tuinroete die nommereen avontuurbe­stemming in die wêreld word,” het hy gesê.

Dominique de la Croix van Integrated Marketing stem saam. “Ons het ‘n geïntegree­rde benadering en ‘n sentrale organisasi­e en netwerk nodig om na avontuur-entreprene­urs om te sien.”

Volgens Dippenaar het ‘n groot aantal besighede wat avontuurto­erisme in die res van die land aanbied ook aangedui dat hulle ten gunste van so ‘n vereniging is. “Die volgende stap is om die vereniging te registreer, sentrale bespreking­skantore te skep en avontuurto­erisme by nasionale en internasio­nale toerismesk­oue te bemark.”

Kontak Alewijn Dippenaar by 082 457 5675 of dyndev@mweb.co.za vir meer inligting.

 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Sprekers tydens die Avontuurto­erisme indaba by Wilderness Hotel was van links: Chris Botes, Thomas Ngomana, Niel Els, Bianca Buitendag, Paul Hoffman, Roche Schoeman en Alewijn Dippenaar, wat die indaba gereël het.
Foto: Tisha Steyn Sprekers tydens die Avontuurto­erisme indaba by Wilderness Hotel was van links: Chris Botes, Thomas Ngomana, Niel Els, Bianca Buitendag, Paul Hoffman, Roche Schoeman en Alewijn Dippenaar, wat die indaba gereël het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa