Oudtshoorn Courant

Lees berigte oor die week se verwoesten­de brande op

- EUGENE GUNNING

Ondersoeke­rs weet reeds waar in die Herold-omgewing die vernietige­nde brand van die afgelope week, begin het en wie daardy betrokke was. Dit is deur Anton Bredell, WesKaapse minister van plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing in ‘n eksklusiew­e onderhoud onthul.

Hy het Dinsdag die gebied besoek en met die George Herald gepraat te midde van toenemende vrae en kritiek oor die hantering van die brande deur die owerhede.

Die Knysna-brande van 7 Junie 2017, minder as 18 maande gelede, is nog vars in mense se geheue. Vrae word nou gevra of daar nie lesse geleer is uit die Knysna-brande nie en of genoeg betyds gedoen is om die verwoesten­de brande te stuit.

Buiten die brand by Herold, het ander brande ook later voorgekom wat deur weerlig ontstaan het. Minstens agt mense het in een van die brande by die Farleigh-bosboustas­ie by Karatara gesterf. (Sien berig hiernaas) ‘n Brand het ook ontstaan by De Vlugt. Duisende hektaar veld is verwoes en die brande het oor afstande van etlike kilometer versprei (sien berig op p3)

In een stadium was die vuurlyn by een van die brande 25 km lank. Dit is aangehelp deur baie sterk winde, droë toestande en dele wat 45 jaar laas behoorlik gebrand het.

Op goeie gesag word verneem daar is getuies beskikbaar oor wat verlede Woensdag op die plaas in Herold gebeur het. ‘n Inwoner van die gebied wat verkies om anoniem te bly, het vertel dat ‘n foto kort na 18:00 Woensdagaa­nd na ‘n polisieman se WhatsApp-groep gestuur is. Daar was geen reaksie want die betrokkene werk nie meer in Herold nie. Daarna is die noodnommer 10111 gekakel, maar niemand het geantwoord nie. Die inwoner het toe op die George Herald se webtuiste vir noodnommer­s gaan soek. Die inwoner het per abuis die NSRI gebel en hulle het die brandweer gebel.

Die George Herald het Woensdag verneem dat duidelikhe­id of die gebied tot ‘n provinsial­e rampgebied verklaar sal word, eers later verkry sal word. Die Wes-Kaapse kabinet sal daaroor besluit. Op die oomblik word die omvang van die skade nog bepaal.

Bredell het gesê weens die feit dat daar moontlik regsproses­se sal volg kan hy nie in die stadium kommentaar lewer oor die ontstaan van die vuur en wat daarmee verband hou nie. Hy het wel bevestig dat die brand beslis deur “nalatighei­d” ontstaan het en nie deur natuurelem­ente soos weerlig nie.

“Ons het ‘n redelike goeie idee wáár die vuur ontstaan het en ons weet hoé dit ontstaan het.”

CapeNature het hom vroeg vandeeswee­k ingelig wie die eienaar van die plaas is waar die brand ontstaan het. “Hulle weet wie dit aan die brand gesteek het.” Die ondersoek is nou aan die gang en sal uitwys wat gebeur het.

Bredell het tydens sy besoek gesê dinge stuur op ‘n ramp af. “Ons is bekommerd. Ons het alle kundigheid en hulpbronne ontplooi sodat ons ‘n ramp kan voorkom.”

Hy het benadruk dat die bepaalde weersomsta­ndighede die situasie bemoeilik het om byvoorbeel­d lugsteun te verskaf. Meer as 500 brandweerp­ersoneel, verskeie voertuie en vyf helikopter­s is ingespan. Munisipali­teite in die Wes-Kaap en nooddiensp­ersoneel uit ander provinsies het ook kom help.

 ??  ?? Die brand Sondagnag in die Outeniquab­erge.
Die brand Sondagnag in die Outeniquab­erge.
 ??  ?? Die fotograaf, Allen Jorgenson, sê hy het nog nooit in al sy jare gesien dat die Ouiteniqua­berge na ‘n brand só kaalgestro­op is nie.
Die fotograaf, Allen Jorgenson, sê hy het nog nooit in al sy jare gesien dat die Ouiteniqua­berge na ‘n brand só kaalgestro­op is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa