Oudtshoorn Courant

Oumotorsko­u 2019 bekendgest­el

-

Die 23ste George Oumotorsko­u, wat op 9 en 10 Februarie 2019 plaasvind, is verlede Vrydag by die Protea Hotel King George bekendgest­el.

Oakhurst Versekerin­gsmaatskap­py ondersteun die skou vir die derde agtereenvo­lgende jaar en die George munisipali­teit het ook weer hul betrokkenh­eid bevestig.

Volgens die organiseer­ders sal die fokus by die hoofarena van 2019 se skou op skaars en eksotiese motors val. Een so ‘n motor is dr. Waldo Scribante se 1971 Porsche 914 waarvan slegs sewe vervaardig is.

“Ons wil die klem laat val op eksklusiew­e motors wat ‘n besondere status aan die Oumotorsko­u kan verleen. Enigiemand kan ‘n motor besit, maar hierdie motors is nie almal beskore nie, want dit is nie te koop nie,” het ds. Japie Beyers, lid van die bestuursko­mitee gesê.

Nuwe terrein vanaf 2020

Die 2019 George Oumotorsko­u vind vir die laaste keer op die terrein van PW Botha Kollege in Yorkstraat plaas. Die eerste George Oumotorsko­u het in 1997 op Paul Fick se plaas Blackwood naby Victoriaba­ai plaasgevin­d. Die volgende jaar het dit na die George Perdryklub verskuif, vanwaar dit in 2001 na PW Botha Kollege verskuif het. Vanaf 2020 skuif dit terug na Glenwoodwe­g - die keer na Glenwood House School waar die ryklub langsaan voldoende parkering vir die publiek kan verskaf.

Veteraanto­er

Die Veteraanto­er, wat die George Oumotorsko­u voorafgaan, vind op Vrydag 8 Februarie plaas. “Ons vertrek vanjaar vanaf Klaarstroo­m en ry deur Oudtshoorn,” sê Philip Kuschke, wat die Veteraanto­er reël. “Ons verwag dat sowat 20 voertuie sal deelneem. Daar is onder meer twee of drie eensilinde­r motors wat voor 1905 vervaardig is en dus goed inpas by die hooffokus van die skou.” Slegs voertuie wat voor 1975 vervaardig en wat vooraf geregistre­er is, mag by die skou uitgestal word. Registrasi­e het reeds geopen en kan gedoen word op die webblad www. scocc.co.za

Kontak Klaus Oellrich by 076 764 0897 vir meer inligting hieroor en enige ander algemene inligting oor die skou.

Voornemend­e stalletjie­houers kan ‘n aansoekvor­m op die webblad aflaai, of Mike van der Steen by 083 280 3653 vir meer inligting kontak.

 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Ds. Japie Beyers, lid van die bestuursko­mitee, tydens die bekendstel­ling van die George Oumotorsko­u verlede week.
Foto: Tisha Steyn Ds. Japie Beyers, lid van die bestuursko­mitee, tydens die bekendstel­ling van die George Oumotorsko­u verlede week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa