Oudtshoorn Courant

Grootkraal-sage maak draai in appèlhof

- TISHA STEYN

Die dispuut oor Grootkraal Primêr op die eiendom van Cango Caves Estate het Maandag ‘n draai in die appèlhof in Bloemfonte­in gemaak. ‘n Volbank regters het uitspraak voorbehou.

Die sage sleep reeds sedert 2010 voort toe Kobot Trust, die huidige eienaars, die plaas Grootkraal, naby die Kango-grotte in die De Kombuys-vallei, op ‘n veiling gekoop het. Sedertdien is Cango Caves Estate gasteplaas, restaurant en die gewilde zipline daar ontwikkel.

Equal Education het Maandag in ‘n mediaverkl­aring beweer die nuwe eienaars het destyds “onmiddelli­k ‘n uitsetting­sbevel teen die skool bekom”; die onderwysde­partement het die bevel ondersteun en aanbeveel dat die skool sluit en saamsmelt met ‘n skool sowat 35 km daarvandaa­n.

Volgens Equal Education se verklaring het die skool die uitsetting­sbevel teengestaa­n; Equal Education en die Centre for Child Law het die skool ondersteun omdat hulle van mening was dat die proses nie in die kinders se beste belang was nie.

Lawyers for Human Rights, wat namens die Grootkraal-gemeenskap optree, het toe ‘n teenbevel teen Kobot Trust bekom.

Die gemeenskap se teenbevel, wat deur die hooggeregs­hof in Kaapstad verwerp is, het deel gevorm van die aansoek wat Maandag voor die appèlhof gedien het.

Volgens Kobot Trust het hulle nié “onmiddelli­k” ‘n uitsetting­sbevel bekom soos Equal Education beweer nie.

“Die skool bestaan steeds op die plaas,” sê Lodewyk de Klerk, woordvoerd­er vir Kobot Trust. “Die afgelope agt jaar het die grondeiena­ar tevergeefs probeer om ‘n huurooreen­koms met die Wes-Kaapse onderwysde­partement aan te gaan, met die gevolg dat daar sedert Mei 2010 geen huur ontvang is nie.”

Volgens De Klerk bestaan daar nie so iets soos die ‘Grootkraal-gemeenskap’ nie, want nie die hoof of die leerders se ouers woon op Grootkraal nie. “Om die waarheid te sê, sowat 160 van die 200 leerders word daagliks na die skool karwei in drie busse wat aan die hoof behoort.”

Volgens De Klerk gaan die hele bohaai oor 3 000 vk m met ‘n paar geboue op wat geskik is om slegs 45 leerders te huisves. Boonop wil die Wes-Kaapse onderwysde­partement nie die skool waarvoor hulle geen huur betaal, behou nie.

Die Oudtshoorn Courant het die skoolhoof verlede jaar tydens ‘n onderhoud gevra hoeveel leerders daagliks van ander gebiede aangery word en wie die koste daarvoor dra, maar hy wou nie op die vraag reageer nie. ‘n Navraag om te bevestig of leerders wel van so vêr as Oudtshoorn op staatskost­e met drie busse na die skool aangery word, is hierdie week aan die WKOD gestuur.

Bronagh Hammond, woordvoerd­er van die WKOD het onderneem om teen volgende week op die navraag te reageer en gevra dat die departemen­t geleenthei­d gegun moet word om die skool se inligting ten opsigte van leerderget­alle en vervoer na te gaan.

 ??  ?? Grootkraal Primêr naby die Kango-grotte
Grootkraal Primêr naby die Kango-grotte

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa