Oudtshoorn Courant

Adjunkbalj­u wil nou onskuldig pleit

- GARNETT WICOMB

Die saak teen ‘n adjunkbalj­u van Oudtshoorn, wat vir vonnisverr­igtinge tot Dinsdag uitgestel was, het in die Oudtshoorn-landdrosho­f ‘n nuwe wending geneem toe die hof meegedeel is dat hy sy pleit van skuldig na onskuldig wil verander.

Louwayne Wagenaar se regsvertee­nwoordiger, Clyde Avontuur, het die hof Dinsdag versoek om die saak uit te stel omdat hy in opdrag van sy kliënt ‘n aansoek ingevolge Art 113 van die Strafprose­swet wil bring en Wagenaar dan ook sal getuig. Avontuur het die hof om verskoning gevra vir die versoek, maar bygevoeg dat dit in belang van regsplegin­g en geregtighe­id is dat Wagenaar die geleenthei­d kry om oor die meriete van die saak te getuig. Hy het die hof ook meegedeel dat, indien nodig, hy die hof voor die uitsteldat­um sal inlig oor die versoek. Volgens Avontuur was hy aanvanklik nie self betrokke by die saak nie en dat Wagenaar op ‘n laat stadium besluit het om skuldig te pleit. Nadat hy skuldig gepleit het, is hy deur die hof skuldig bevind wat gelei het tot vanoggend se vonnisverr­igtinge. Landdros Roelf Konstabel het toegegee dat dit die beskuldigd­e se reg is en die versoek toegestaan met 26 November as datum vir die aansoek. Dit volg nadat twee ander adjunkbalj­u’s, Nigel Cupido en Daniël Wagenaar reeds vroeër vanjaar boetes van R8 000 of ses maande gevangenis­straf opgelê is nadat hulle op aanklagte van bedrog skuldig bevind is. Die mans is daarvan aangekla dat hulle dagvaardin­gs afgelewer het, maar dit nie persoonlik aan die betrokke persone beteken het nie.

Die dagvaardin­gs is aan enigiemand by die betrokke adresse, byvoorbeel­d ‘n huishulp of sekerheids­wag, afgelewer en die handtekeni­ng van die persoon wat dit moes ontvang is daarna vervals.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa