Oudtshoorn Courant

Ladismith-polisie onder bestes in WK

-

Lede van die Ladismith-polisie het weereens vanjaar gewys dat hulle onder die bestes in die provinsie gereken kan word.

Twee van hulle eenhede is as die eerste- en tweedeplek­wenners vir sigbare polisiërin­g in die Wes-Kaap aangewys. Die aankondigi­ng is tydens die Wes-Kaapse SAPD-toekenning­saand op 27 Oktober gemaak.

Daar is altesaam 16 gebiedskan­tore in die Wes-Kaap wat ongeveer 150 polisiesta­sies verteenwoo­rdig.

Die misdaadvoo­rkomingsee­nheid onder bevel van kapt. Henry Edwardes het met die eerste plek gespog. Volgens ao. Cederas, woordvoerd­er van die Ladismithp­olisie, het die eenheid ongeveer 1 000 arrestasie­s gemaak en op die koop toe die meeste dwelmverwa­nte arrestasie­s in Eden. Die tweede plek is verower deur die C-skof onder bevel van sers. Glanville Barry. As deel van die groot aantal arrestasie­s wat hulle gemaak het, het hul optrede in Maart waartydens beslag gelê is op 1,4 ton perlemoen van meer as R6 miljoen, uitgestaan.

Ladismith-polisiesta­sie is verlede jaar as die stasie van die jaar aangewys en hulle bevelvoerd­er, kol. Jakobus Marthinus is ook as bevelvoerd­er van die jaar aangewys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa