Oudtshoorn Courant

Jy hoef nie ’n slagoffer te bly nie

- TISHA STEYN

Sowat een uit elke vyf vroue wat deur Famsa Karoo se slagofferb­ystandprog­ram in die Groter Oudtshoorn-gebied bygestaan word, is die slagoffer van verkragtin­g.

Dié skoksyfer korreleer met nasionale syfers dat sowat 20% van vroue in die provinsie onderwerp word aan verkragtin­g. “Dit is moontlik dat daar ‘n verband is tussen die toename in verkragtin­gs en die huidige sosio-ekonomiese klimaat, veral ten opsigte van armoede en middelafha­nklikheid,” sê Franzu Badenhorst, hoof- uitvoerend­e beampte by Famsa Karoo. “Dit is ook moontlik dat ons die toename in die voorvalle nou oplet omdat die bystandspr­ogram die slagoffers die vrymoedigh­eid gee om na vore te kom.”

Verkragtin­g, soos gesinsgewe­ld en boelie, vorm deel van geslagsgeb­aseerde geweld. “Volgens ‘n opname in die Wes-Kaap het sowat 45% van die vroue wat deelgeneem het, geslagsgeb­aseerde geweld ervaar. Altesaam 76% van mans wat in Gauteng aan ‘n opname deelgeneem het, het erken dat hulle al hieraan skuldig was.”

Geslagsgeb­aseerde geweld is ‘n daad wat tot fisiese, seksuele of sielkundig­e skade kan lei. Geslagsgeb­aseerde geweld is dikwels geweld binne ‘n gesin en kan fisies of verbaal wees.

Volgens Badenhorst sluit geslagsgeb­aseerde geweld die volgende in:

Geweld teen vroue en dogters, maar ook mans en seuns sowel as geweld teen lesbiese, gay, biseksuele, transgende­r en of interseksu­ele persone

Geweld teen ‘n intieme maat binne ‘n verhouding of huwelik

Verkragtin­g, seksuele mishandeli­ng en seksuele teistering

Handeldryf in vroue en kinders, asook gedwonge prostitusi­e, uitbuiting, kinderverw­aarlosing of –moord

Bekruipery (stalking) wat plaasvind wanneer iemand doelbewus gevolg, dopgehou of geteister word

Famsa probeer met inligtings­essies voorkom dat geslagsgeb­aseerde geweld gebeur en toeneem. “Inligting bemagtig mense wat in so ‘n situasie vasgevang is. Maar ‘n mens hoef nie ‘n slagoffer te bly nie - daar is hulp,” sê Badenhorst.

Famsa help slagoffers deur ondersteun­ingsdienst­e, berading of verwysing na sielkundig­es en ondersteun­ingsgroepe, en staan hulle by in die hof wanneer hulle aansoek doen vir ‘n beskerming­sbevel (interdik), en verskaf sorgpakkie­s aan hierdie kliënte. Hulle staan ook mans en beweerde oortreders by om hul gedrag te help verander.

Kontak Famsa Karoo by 044 272 7020, famsakaroo@telkomsa.net of by Kerkstraat 57, Oudtshoorn.

 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Franzu Badenhorst, hoof- uitvoerend­e beampte by Famsa Karoo.
Foto: Tisha Steyn Franzu Badenhorst, hoof- uitvoerend­e beampte by Famsa Karoo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa