Oudtshoorn Courant

Bekende oud-hofordonna­ns ter ruste gelê

- GARNETT WICOMB

Die bekende oud-polisiebea­mpte en hofordonna­ns, ao. Bernard Jody Weyers (52), is Saterdag onder blyke van groot belangstel­ling vanuit die Verenigend­e Gereformee­rde Kerk, Bridgton, begrawe. Hy was vir baie jare ‘n hofordonna­ns by die Oudtshoorn-landdrosho­f en het in 2017 die tuig neergelê.

Sy twee broers, Heinrich en Johan, het hom in hul huldeblyke as ‘n ware staatmaker in die familie, terggees en allemansvr­iend beskryf.

Volgens Heinrich was dit van kleintyd sy broer se droom om in sy pa, Michael, se voetspore te volg en polisieman te word.

Johan het in sy huldeblyk begrafnisg­angers laat lag met kostelike staaltjies uit hul kinderdae, onder andere dat hulle albei baie bang was vir die donker.

“Bernard was ‘n mense-mens en het op ‘n unieke wyse met mense gewerk. Hy het ook altyd gespog met sy familie en trots op die prestasies van andere. Hy was ‘n rolmodel vir ons en sy kinders,” het Johan gesê.

Bernard het sy laerskoolo­pleiding aan De Villiers Primêr ontvang en het in 1986 aan Bridgton Senior Sekondêr (BSS) gematrikul­eer.

Hy word oorleef deur sy vrou, Mariaan, twee seuns, Theo (28) en Myron (25), ‘n kleinkind, Caleb (5), sy ouers, Michael en Harriet Weyers, sy twee broers en twee susters, Michelle en Kay.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa