Oudtshoorn Courant

Sit daai boelie op sy plek

- TISHA STEYN

Al meer skoolkinde­rs word die slagoffers van boelies. Navorsing in 49 lande het getoon dat Suid-Afrikaanse skoolkinde­rs meer as in enigeen van hierdie lande geboelie word, en in laerskole word tot 44% laerskoolk­inders elke week geboelie.

Wat is ‘n boelie?

Boelies kan seuns of meisies wees wat ander kinders moedswilli­g teiken met die doel om hulle fisies seer te maak, te verneder en minderwaar­dig te laat voel.

Boelies knou ander af wat anders as hy/sy is, soos iemand van ‘n ander geslag, ras of kultuur, of iemand wat fisies gestremd is, ‘n bril dra of dalk bietjie oorgewig is.

Kinders wat klein en tengerig is of skaam en onseker van hulself is en hulle nie teensit nie, kan ook teikens van boelies word.

Soms knou die boelies iemand af op wie hulle jaloers is, soos wanneer die slagoffer, anders as die boelie, slim, gewild en suksesvol is.

Hoe tree ‘n boelie

op?

Boelies kan hul skoolmaats direk afknou – deur hulle fisies aan te rand soos slaan, skop en hare trek met die doel om te beseer en dit kan selfs sover as seksuele teistering strek waar die slagoffer betas word of seksueel aangerand word. Hulle kan iemand egter ook emosioneel met woorde seermaak deur hulle te beledig en te verkleinee­r.

Met moderne tegnologie kom kuberafkno­uery ook toenemend voor deur slagoffers op selfone en sosiale media te beledig of onwaar inligting oor hulle te versprei.

Boelies kan ook hul slagoffers indirek afknou – deur gebare te maak wat fisiese mishandeli­ng of seksuele teistering uitbeeld. Slagoffers van boelies word soms ook van aktiwiteit­e uitgesluit en die boelie por ander kinders aan om die slagoffer te isoleer. Dikwels word die slagoffer uitgebuit deurdat die boelie byvoorbeel­d kos of sakgeld wegvat.

Hoe stop jy ‘n boelie?

Moenie reageer nie. As jy die boelie ignoreer – hoe moeilik dit ook al is – gee hy/ sy op;

Moenie terugbakle­i nie, want die boelie soek ‘n rede om jou seer te maak;

Behou die bewyse, soos wanneer hy/ sy iets oor jou op ‘n selfoon of Facebook versprei;

Blokkeer hom/haar op jou selfoon Facebook;

Meld dit onmiddelli­k by die skoolhoof aan en indien daar niks gedoen word nie kan die onderwysde­partement se veilige skole projek genader word.

Met besoeke van leerders aan die Oudtshoorn Courant is dit duidelik dat kinders by ‘n hele aantal skole onder boelies deurloop. Wat kommerwekk­end is, is dat dit blyk dat daar in sommige gevalle nie teen die boelies opgetree word nie en dat die slagoffer verder aan boelies uitgelewer word as dit aan die lig kom dat hulle gekla het. In antwoord op ‘n navraag aan die WKOD het hulle woordvoerd­er, Bronagh Hammond, gesê ouers van slagoffers moet onmiddelli­k met die distrikska­ntoor op Oudtshoorn kontak maak as klagtes oor boelie-voorvalle nie na wense deur die skool aangespree­k word nie.

Famsa Karoo kan ook vir ondersteun­ing genader word. Kontak hulle by 044 272 7020 of besoek die kantoor by Kerkstraat 57, Oudtshoorn.

 ?? Fotokredie­t: Getty Images fstop 123 ??
Fotokredie­t: Getty Images fstop 123

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa