Oudtshoorn Courant

Appelkoost­yd is konfytkook­tyd

- TISHA STEYN

Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer Calitzdorp se appelkose goudgeel aan die bome hang en besoekers van heinde en ver kom om hulle eie appelkose in De Krans se boorde te kom pluk.

Die appelkoosp­lukkery het egter oor die jare uitgebrei om die hele gemeenskap van Calitzdorp te laat deel in die oorvloed goudgeel genot en het konfytkook deel van die program geword. Die Calitzdorp­gemeenskap­skas gebruik appelkoost­yd om geld in te samel deur ‘n aardige hoeveelhei­d appelkoosk­onfyt te kook en te verkoop.

Terwyl die plukkery by De Krans reeds hierdie week begin het is die groot konfytkook­dag op Saterdag 1 Desember by die Calitzdorp-stasie. Die potte begin reeds om 07:00 te prut en dan word daar tot 17:00 konfyt gekook, gebottel en verkoop. Die opbrengs van die konfyt wat verkoop word, word in die gemeenskap­skas gestort en aangewend vir opheffings­projekte op die dorp.

“Ons doelwit is om vanjaar 1 000 bottels konfyt te kook,” sê Zelma Kriek, wat die gemeenskap­skas se sleutel dra. “Om ons doelwit te bereik het ons nog 350 kg witsuiker nodig, en ons versoek ons mense om by te dra.”

Die suiker moet voor 26 November gedurende kantoorure by die toerismeka­ntoor langs die Caltex-vulstasie in Voortrekke­rstraat afgegee word. Geldskenki­ngs is ook baie welkom.

Kriek het ‘n anonieme inwoner van Calitzdorp bedank vir R4 000 waarmee bottels gekoop en etikette laat druk is. Altesaam 350 kg appelkose is deur Irma en Dewald Welman van Calitzdorp geskenk.

Om die Saterdagko­ok vlot te laat verloop, moet die appelkose Vrydagaand vanaf 18:00 by die stasie voorberei word: die appelkose moet halveer en die pitte verwyder word, en gelyke mate appelkose en suiker moet in sakkies verpak word.

Kookspanne wat wil inskryf om te help kook, moet solank ‘n gasstofie bespreek. “Laat ons weet hoeveel lede in jou kookspan is en hoe laat julle wil begin kook – dit neem sowat ‘n uur om een kooksel klaar te maak,” sê Erina Meiring, bestuurder van Calitzdorp Toerisme. Kontak haar by 044 213 3775 of tourism@calitzdorp.org.za

Terwyl die appelkose kook word ‘n ‘n Kersmark ook tussen 09:00 en 17:00 aangebied. Die stalletjie­s is gratis en diegene wat goedere, kos of drinkgoed wil verkoop, moet ‘n tafel bespreek by Elsabé van der Westhuizen by 066 288 0048 of Tony Upman by 072 556 8109.

Intussen kan besoekers vanaf Woensdag 14 tot Sondag 25 November (of solank as wat voorraad hou) by De Krans appelkose teen R7, 50 / kg pluk.

 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Zelma Kriek by haar pot tydens ‘n vorige konfytkook by die Calitzdorp-stasie.
Foto: Tisha Steyn Zelma Kriek by haar pot tydens ‘n vorige konfytkook by die Calitzdorp-stasie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa