Oudtshoorn Courant

Dysselsdor­pkrieketve­ld in swak toestand

-

Die toestande waaronder die jong krieketspe­lers van Dysselsdor­p op die oomblik hul krieket speel is skokkend.

Dysselsdor­p krieketklu­b bestaan al vanaf 1982 en het al verskeie SWD spelers opgelewer. Wat egter hartverske­urend is, is dat die klub nie eens oor behoorlike basiese geriewe beskik nie. Die spelers en besoekers moet na die nabygeleë sportstadi­on stap indien daar dringende behoeftes is. Tans is daar nie eens ‘n boom waaronder die spelers kan skuil teen versengend­e hitte nie.

Ironies genoeg groei krieket in Dysselsdor­p teen ‘n geweldige pas en die klub beskik tans oor byna twee mans krieketspa­nne en een vrouespan. Ook is hier een van die jong krieketspe­lers wat aanstaande jaar tydens Junie na Sri Lanka sal toer. Voorwaar uitstekend as in ag geneem word onder watter omstandigh­ede hulle moet oefen en speel.

Die Oudtshoorn Munisipali­teit weet al jare van die gebrek aan geriewe by die krieketvel­d. ’n Paar jaar gelede is hier ‘n houtstrukt­uur as kleedkamer opgerig. Die wind het egter die hele struktuur omgewaai. Hierna is nog niks verder weer gedoen nie.

SWD krieket wou so ‘n paar jaar gelede die hele krieketvel­d opgradeer. Die sokkerspan­ne speel egter nog op die veld omdat hier te min velde is en SWD krieket het nie voortgegaa­n nie. By die sportgrond­e is daar egter baie grond beskikbaar vir addisionel­e sokkerveld­e.

Tydens begrotings­vergaderin­gs belowe die munisipali­teit elke jaar dat daar geld beskikbaar is vir opgraderin­gs en ontwikkeli­ng van sportvelde, maar niks gebeur nie.

Die opsigters by Dysselsdor­p se krieketvel­d het nie eens ‘n behoorlike roller tot hul beskikking om die kolfblaaie ordentlik voor te berei nie. Ons praat nie eens van die reeds genoemde patetiese buitevelde nie. Hier gaan iemand nog bitter seerkry met die ongelyke oppervlakt­es van die veld.

Ons vra die owerhede om asseblief dringend aandag te skenk aan hierdie aangeleent­heid en hulle nie blind te staar teen die toestande hier by Dysselsdor­p se velde nie. Die rugbyveld is ook in net so ‘n swak toestand a.g.v. die baie sokkerspan­ne en té min velde. Dis ‘n skreiende skande dat Oudtshoorn daarop roem dat dit die sportmekka van die Suid Kaap is, maar net ‘n paar kilometer verder is dit die teenoorges­telde.

Kriekerond­ersteuner, Dysselsdor­p

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa