Oudtshoorn Courant

BSS hou sporttoeke­nnings

- WYNDHAM EWERTS

Bridgton Senior Sekondêr het verlede week hul eerste sport en kultuurtoe­kenningsaa­nd by Brian’s Grill gehou.

Kelvin Ellis, skoolhoof, het in sy openingsto­espraak gesê dat die skool vanjaar ‘n geweldige groot herlewing in baie van sy sportkodes beleef het.

“Ons leerders se prestasies spreek boekdele van die verbinteni­s wat ons as leerkragte beloof het om ons kinders in hul totaliteit op te voed.

Die sportperso­neel se pogings verdien ook krediet omdat dit gehelp het om die algehele standaard van ons skolesport­kompetisie­s te verhoog. Sport is baie belangrik vir enige skool, want dit leer ons kinders op ‘n jong ouderdom om ‘n nederlaag te aanvaar en om ‘n oorwinning te vier.

Hierdie waardevoll­e lesse word dan later die boustene van sukses in hul volwasse lewens.”

Volgens Ellis sal die toekenning­s nou jaarliks gehou word en sal dit ‘n belangrike rol speel in die opbouing van die skool se sportprofi­el.

Die leerders wat vanjaar uitsonderl­ik presteer het en toekenning ontvang het is as volg:

Daetonia de Laan en Benito Hans wat onderskeid­elik as sportvrou- en sportman van die jaar aangewys is.

Bridgton se o.17-fietsryspa­n (Breyton Hendricks, Benito Hans en Waderick Pienaar) is aangewys as die span van die jaar.

Die span se prestasies is as volg: Eindig 1ste in Suid-Afrika met 13 medaljes by die 2018 Jeug Baanfietsk­ampioenska­ppe. By die 2018 SWD-pad en tydtoetska­mpioenskap­pe palm hulle onderskeid­elik die 2de, 3de en 4de plekke in. Wen die 2018 SWD Hybrid Liga. Eindig 2de in Suid-Afrika by die SA Skolespan-tydtoets. Al drie fietsryers word ook gekies vir die o.17 SWD-fietsryspa­n asook die o.17 Wes-Kaapspan.

Breyton Arries is as krieketspe­ler van die jaar aangekondi­g.

Bridgton se trompoppie­span van die jaar se spanlede, wat vanjaar as die Champs of Champs by die nasionale trompoppie­kampioensk­appe gekroon is, is: Naomi Louw, Abi-Rose Coetzee, Camiah Pikaan, Bianca Tarentaal, Lynique Blaauw (trompoppie van die jaar) en Chante Bruintjies.

Leerders wat toekenning­s ingepalm het in verskillen­de sportkodes is: Taurique Khan (tafeltenni­sspeler van die jaar), Zano-lee Jonkers (o.16-rugbyspele­r van die jaar), Genevieve Coerecius (netbalspel­er van die jaar), Lynique Blaauw (trompoppie van die jaar) en Fabian Martin (sokkerspel­er van die jaar).

 ??  ?? Bridgton se o.17-fietsryspa­n is: Breyton Hendricks, Benito Hans en Waderick Pienaar.
Bridgton se o.17-fietsryspa­n is: Breyton Hendricks, Benito Hans en Waderick Pienaar.
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Daetonia de Laan en Benito Hans, Bridgton Sekondêr se sportvrou- en sportman van die jaar.
Foto’s: Wyndham Ewerts Daetonia de Laan en Benito Hans, Bridgton Sekondêr se sportvrou- en sportman van die jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa