Oudtshoorn Courant

Union Stars klop Pacaltsdor­p

- WYNDHAM EWERTS

Union Stars het Pacaltsdor­p die naweek in ‘n SWD Premierlig­a wedstryd op die Bridgtonsp­ortterrein naelskraap met een paaltjie geklop. Pacaltsdor­p het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die wedstryd het laat begin en albei spanne het ooreengeko­m om slegs 43 boulbeurte te speel in plaas van die normale 50 boulbeurte omdat spel later as gewoonlik begin het.

In Pacaltsdor­p se toegelate 43 boulbeurte kon die besoekers daarin slaag om ‘n skaflike 196/9 aan te teken.

Stars se boulers Dillon Nuys (3/39) en Rushaan McGregor (3/26) het uitgeblink met die bal.

In Union Stars se kolfbeurt het die kaptein Pieter Stuurman (63) en Envirino Swartz (43) die beste met die kolf gevaar.

Op ‘n stadium in die wedstryd wou dit lyk of die stryd verlore was vir die tuisspan, maar die laaste paaltjieve­nnootskap van 28 lopies tussen Emile Titus en Dllon Nyus het die wa deur die drif vir Stars getrek.

Stuurman het Nuys geprys vir sy veelsydige bydrae in die wedstryd nadat dié speler ook 27 onoorwonne lopies met die kolf aangeteken het.

Union Stars se volgende wedstryd is Saterdag teen Western Hope op die Bridgtonsp­ortterrein.

In nog twee SWD Premierlig­a wedstryde die naweek het Harlequins eers vir Pioneers van Plet en daarna Western Hope met onderskeid­elik 132 en 136 lopies oordonder.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Rida Bester, Hanle Cronjé en Christine van Coller.
Foto: Garnett Wicomb Rida Bester, Hanle Cronjé en Christine van Coller.
 ??  ?? Pieter Stuurman, kaptein van Union Stars.
Pieter Stuurman, kaptein van Union Stars.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa