Oudtshoorn Courant

Basketbalk­lub soek hulp by munisipali­teit

- WYNDHAM EWERTS

Die Bridgton-basketbalk­lub se senior en junior spanne het Vrydag by die Score-sportkompl­eks op Dysselsdor­p as die wenners weggestap na ’n vriendskap­like wedstryd teen Daizys Action-sportklub. Die twee klubs het die wedstryd gereël om kompeteren­de blootstell­ing aan hulle spelers te gee.

Volgens Ebenezer Titus, voorsitter van die klub, was die fokus nie soseer op wen teen alle koste nie, maar eerder ’n strategie wat deel is van ‘n groter visie vir die klub.

“Die klub bestaan al sedert 2005, maar het ontbind as gevolg van sommige van die kinders wat betrokke geraak het by bendes en dwelms asook ons basketbalb­aan wat erg beskadig en verniel is. Ons hoofdoel is egter om die klub weer as ’n eenheid saam te snoer om sodoende ook die misdaadele­ment in ons gemeenskap te help beveg.”

“Op die oomblik het ons nie ’n toegeruste baan nie, en gebruik ons tydelike strukture wat ons van my huis af moet dra en dan moet toepak met klippe sodat die kinders kan speel.”

Die Oudsthoorn Courant het vroeër vanjaar ook berig oor die tienjarige Juwayne Adams wie se skedel op twee plekke gekraak is nadat ’n basketbals­truktuur op sy kop geval het.

Die klub se afrigter, Reginald Anthony, sê dit is verblydend dat die ouers steeds volle vertroue in die bestuur plaas om na hul kinders se veiligheid om te sien.

“Ons sukkel al vir die afgelope agt jaar om die Oudtshoorn-munisipali­teit sover te kry om ons baan in stand te hou, maar sonder enige sukses.”

Die oprigting en instandhou­ding van nuwe veilige basketbals­trukture, borgskappe vir spanuitrus­tings en affiliasie met Edenbasket­bal is van die hoof uitdagings wat Bridgton-basketbalk­lub tans kortwiek om sy visie te laat realiseer.

By navraag het Lluwellyn Coetzee van strategies­e dienste by die Oudtshoorn­munisipali­teit gesê, die munisipali­teit het in die verlede ’n volledig-toegeruste baan beskikbaar gestel, maar dat dit deur vandale vernietig is.

“Ons is tans besig om daadwerkli­k na binnenshui­se opsies te kyk sodat ons basketbal as volwaardig­e sport in Oudtshoorn kan akkommodee­r.”

Coetzee het ook die bestuur van Bridgtonba­sketbalkub aangeraai om met Ian Loubscher (sport en rekreasie) in verbinding te tree as hulle die De Jager-sportkompl­eks wil gebruik om wedstryde aan te bied.

“Die munisipali­teit sal selfs bereid wees om die kostes te dek solank dit net vooraf gereël word.”

 ??  ?? Jevandre Dyssel klou aan die bal.
Jevandre Dyssel klou aan die bal.
 ?? Foto’s: Ebenezer Titus ?? Zeke Janse (links) ontwyk ‘n vedediger.
Foto’s: Ebenezer Titus Zeke Janse (links) ontwyk ‘n vedediger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa