Oudtshoorn Courant

Drie sterf op Kredouwpas

- MARLENE MALAN

Pleks van ’n vrolike 21ste verjaarsda­gpartytjie die afgelope naweek is drie families van Prins Albert en De Rust Vrydagnag in rou gedompel toe hul geliefdes in ’n motorongel­uk op die Kredouwpas gesterf het. Dié pas is sowat halfpad tussen die twee dorpe geleë.

Adriaan Neewat (47) van Prins Albert, asook twee jong mans van De Rust, Calvin Tarentaal (in sy twintigs), en sy vriend, Shaun Adams (20), is in die ongeluk oorlede. Tarentaal was die vriend van Neewat se dogter Lesley-Ann wat ook in die motor was. Sy en die bestuurder van die motor het die botsing oorleef, en is in die George-hospitaal opgeneem.

Lesley-Ann is intussen ontslaan.

Die vyf was Vrydagnag van De Rust op pad na Prins Albert toe die bestuurder omstreeks 01:30 beheer oor die kar op die steil bergpas verloor het.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, die SuidKaapse polisiewoo­rdvoerder, het die Toyota Camry waarin hulle gery het, teen die bergwand gebots, omgeslaan en op sy dak beland. “Ons ondersoek nou ’n klag van strafbare manslag teen die bestuurder.”

Truitjie Stols, Neewat se suster, het Sondag aan Oudtshoorn Courant gesê die vyf was laataand op pad na Noordeinde in Prins Albert vir Neewat en sy vrou, Caroline, se dogter Niketa se 21ste verjaarsda­gparty wat Saterdagaa­nd sou plaasvind. Die geleenthei­d sou ’n verrassing vir Niketa wees. Neewat en die motorbestu­urder het Lesley-Ann, Tarentaal en Adams vir die geleenthei­d op De Rust gaan haal.

“Maar Saterdagog­gend kom maak my een eks-skoonsuste­r, Suzanne Piedt, my met die tragiese nuus van die ongeluk wakker. Ek kan dit nie glo nie, dit voel of ek in ’n dwaal is. Die een oomblik maak ons reg vir ’n groot verjaarsda­gparty, die volgende kry ons hierdie nuus,” het ’n hartseer Stols gesê.

Stols vertel die Neewats het in Junie vanjaar van Worcester na Prins Albert verhuis. Neewat het steeds tussen sy werk op Worcester en Prins Albert gependel.

Behalwe Caroline, Niketa en Lesley-Ann, laat Neewat ook twee seuns, Adriaan en Austin, en twee kleinkinde­rs en sewe broers en susters agter.

 ?? Foto verskaf ?? Adriaan Neewat was een van die slagoffers van Vrydagnag se botsing. Remmerke van die motor waarin drie insittende­s op die Kredouwpas gesterf het. INLAS: ‘n Motoris by die wrak van die motor waarin drie mense Vrydagnag omgekom het.
Foto verskaf Adriaan Neewat was een van die slagoffers van Vrydagnag se botsing. Remmerke van die motor waarin drie insittende­s op die Kredouwpas gesterf het. INLAS: ‘n Motoris by die wrak van die motor waarin drie mense Vrydagnag omgekom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa