Oudtshoorn Courant

Hof aanvaar jong man se pleitooree­nkoms

-

‘n Jong man van Oudtshoorn, wie se vrylating ingetrek is toe hy weer misdaad gepleeg het, het Dinsdag ‘n pleitooree­nkoms met die staat aangegaan. Die saak is in die Oudtshoorn-streekhof vir vonnisverr­igtinge tot volgende maand uitgestel.

Die 18-jarige Francois van der Bergh het tereggesta­an op aanklagte van poging tot moord, besit van gevaarlike wapens, opsetlike saakbeskad­iging en roof met verswarend­e omstandigh­ede.

Hy het op die aanklag van poging tot moord onskuldig gepleit, maar wel skuldig op ‘n alternatie­we klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en skuldig op al die ander aanklagte wat so deur die staat aanvaar is.

Van der Bergh erken dat hy op 29 September 2017 in Victoriast­raat die 19-jarige Bertus Cronjé herhaaldel­ik met ‘n mes gesteek het, dat hy in besit was van twee messe van onderskeid­elik 15 cm en 17 cm lank, die vensters van die woning van Patrick Maklumba in Randstraat stukkend gegooi en skade van R130 aangerig het. Hy het ook skuldig gepleit op die aanklag van roof met verswarend­e omstandigh­ede deur vir Enrico le Roux in Voortrekke­rweg met ‘n skêr te steek en van sy selfoon te beroof.

Streekland­dros Neels Nortje het die saak gister vir ‘n proefbeamp­te- en voorvonnis­verslag tot 10 Desember uitgestel. Die uitstel is gegee in gevolge die kindergere­gtigheidsw­et omdat Van der Bergh jonger as 18 jaar oud was met die pleging van sommige van die misdade.

Corné Pretorius is die aanklaer en Gideon Badenhorst verskyn namens die beskuldigd­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa