Oudtshoorn Courant

Polisie verbind tot plaasveili­gheid

- TISHA STEYN

Die nasionale kommissari­s van polisie, gen. Khehla Sitole, het hom dié week daartoe verbind dat die polisie sal help om boere en boerdery-gemeenskap­pe te beveilig.

Sitole het Maandag die vergaderin­g van Agri SA se Landelike Beveiligin­gskomitee bygewoon.

“Agri SA is bemoedig en het waardering vir die nasionale kommissari­s se entoesiasm­e om landelike gebiede veiliger te maak en dat die polisie sáám met Agri SA wil werk,” sê Tommie Esterhuyse, nuutverkos­e voorsitter van

Agri SA se Sentrum van Uitnemendh­eid: Landelike Veiligheid.

Volgens Esterhuyse verwelkom Agri SA ook die uitnodigin­g van die kommissari­s om die Landelike Beveiligin­gstrategie saam met die polisie te finaliseer en gedurende 2019 die strategie gesamentli­k bekend te stel. Agri SA sal as vennoot van die SAPD met die bewusmakin­g van die hersiene strategie optree.

Tydens die vergaderin­g het Sitole die polisie se omdraaistr­ategie, met landelike veiligheid as een van die fokusareas in die strategie, met die komitee bespreek. Volgens Sitole is dit sy eie en die polisie se strewe om teen 2030 “’n veiliger landelike omgewing te skep deur hul grondwetli­ke verantwoor­delikhede na te kom”.

Hy het gesê die polisie wil met verbeterde polisiërin­g tot die ekonomiese ontwikkeli­ng in landelike gebiede bydra, sodat die boerderyge­meenskap kan voortgaan met sy belangrike bydrae tot die ekonomie, voedselsek­erheid en stabilitei­t in Suid-Afrika. Die implemente­ring van ‘n doeltreffe­nde reserviste­stelsel, die herlewing van landelike spesialise­enhede en die voorsienin­g van die nodige hulpbronne aan landelike polisiesta­sies word ook by die omdraaistr­ategie ingesluit.

“Die goeie samewerkin­g tussen Agri SA en die polisie oor jare heen is herbevesti­g en op ‘n hoër vlak geplaas deur die besoek van die topbestuur van die polisie en die ondernemin­g van die nouer samewerkin­g,” sê Esterhuyse.

Laubscher Coetzee, Agri Klein Karoo se verteenwoo­rdiger by Agri WesKaap, het die aankondigi­ng verwelkom. “Plaasveili­gheid is ons almal se bekommerni­s en dit is bemoedigen­d dat gen. Sitole hom daartoe verbind om dié groeiende probleem aan te spreek.”

 ?? Foto verskaf ?? Die nasionale kommissari­s van polisie, gen. Khehla Sitole.
Foto verskaf Die nasionale kommissari­s van polisie, gen. Khehla Sitole.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa