Oudtshoorn Courant

Bekende sakeman uiteindeli­k tronk toe

- KORRESPOND­ENT

Een van die mede-eienaars van die gesogte Kammanassi­e Bluewynlan­dgoed en wildreserv­aat naby De Rust, gaan hierdie Kersfees, en ‘n hele paar volgendes, in die tronk vier nadat al sy pogings misluk het om sy vonnis van vyftien jaar vir korrupsie en geldwasser­y vry te spring.

Alfeus Christo Scholtz (58) van Mooikloof in Pretoria is reeds twee jaar gelede in die NoordKaaps­e hooggeregs­hof saam met John Block, voormalige Noord-Kaapse ANC-voorsitter, skuldig bevind en gevonnis. Dit spruit uit huurooreen­komste wat gesluit is tussen provinsial­e regeringsd­epartement­e en die Trifecta-maatskappy­groep waarvan Scholtz ’n direkteur is.

Block en Scholtz het die afgelope jare alles in hul vermoë gedoen om tronkstraf vry te spring deur herhaalde appèlaanso­eke. Die konstitusi­onele hof in Johannesbu­rg het egter pas hul laaste poging gestuit toe regter Mogoeng Mogoeng en nege ander regters Maandag die twee mans se aansoek tot appèl teen hul skuldigbev­inding en vonnis verwerp het “omdat dit geen vooruitsig op sukses het nie”.

Die appèlhof in Bloemfonte­in het in Augustus tot dieselfde slotsom gekom, waarna die duo hulle tot die konstitusi­onele hof gewend het.

Dis ’n saak wat jare lank ondersoek is nadat Magdalena Buizer, ‘n boekhouer by Tirfecta, in 2011 die fluitjie geblaas het oor onreëlmati­ge ooreenkoms­te en transaksie­s tussen Trifecta en sekere regeringsd­epartement­e. Buizer is uiteindeli­k in ’n getuiebesk­ermingspro­gram opgeneem. Bedrae van by die R700 miljoen word genoem. Luidens hofstukke het Block sy invloed tussen 2006 en 2008 in die ANC gebruik om vir hom ’n eiendomsak­eryk op te bou. Hy het dit gedoen deur transaksie­s tussen Trifecta

Holdings en regeringsd­epartement­e te bewerkstel­lig, en is dan geldelik vir sy rol beloon.

Scholtz se regsvertee­nwoordiger­s het aangevoer dat hul kliënt ’n eerste oortreder is en nog altyd graag voorheen benadeelde­s in die gemeenskap wou help. Sy vrou, Elmarie, is in 2013 aan veelvuldig­e sklerose dood en sy seun, Christiaan (23) in 2014 in ’n motorongel­uk.

De Rust is een van Scholtz se voorkeur-kuierplekk­e het ingeligte bronne van dié dorp en die Kammanassi­e-landgoed aan Oudtshoorn Courant vertel. Hy het in 2008 mede-eienaar van Kammanassi­e geword. “Christo Scholtz is joviaal, gewild en almal se pel, tog is almal bang vir hom,” het die bron gesê. Volgens die bron het Scholtz ook ‘n kerkgemeen­te by sy huis in Mooikloof gestig wat glo bestaan uit ‘n groep wat van die NG Kerk Moreletapa­rk afgestig het. “Hy het glo onlangs nog vir sy gemeentele­de gevra om vir hom te bid om hulp in die hofsake.”

 ?? Foto: Danie van der Lith/African News Agency (ANA) Archives ?? Christo Scholtz (links) en John Block tydens een van hulle hofverskyn­ings.
Foto: Danie van der Lith/African News Agency (ANA) Archives Christo Scholtz (links) en John Block tydens een van hulle hofverskyn­ings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa