Oudtshoorn Courant

22-jarige steek ouma en ma met mes

- WYNDHAM EWERTS

‘n 22-jarige man, Giscard Moos, wat van moord en poging to moord aangekla word, het Maandag in die Oudtshoorn-landdrosho­f vir ‘n borgtogaan­soek verskyn. Moos het na bewering op Sondag 11 November sy ouma en ma by hulle huis met ‘n mes aangeval.

Sy ouma, Julia Moos (79), het ‘n paar dae later in die hospitaal aan haar wonde beswyk, terwyl sy ma Jocelyn Moos (42), tans by die huis aansterk nadat sy 16 steekwonde toegedien is.

Volgens Jocelyn, ‘n administra­tiewe klerk by Rooiheuwel Primêr, het Giscard dié oggend soos gewoonlik in die voorkamer musiek oor die radio geluister terwyl hy gedans het.

“Ek was besig om wasgoed in ons agterplaas op te hang en kos te kook. Giscard het uit die bloute na die agterplaas gekom met ‘n mop en ons hond vir geen rede begin slaan. Ek het hom aangespree­k en gevra wat die rede is vir die aanval op die hond, maar hy het my nie geantwoord nie. Giscard het weer in die huis gegaan en direk op my met die mes afgepyl. Ek was totaal uit die veld geslaan en hom gevra wat hy doen. Hy het gesê dit is ek wat die hond geslaan het en hy het my daarna onophoudel­ik met die mes begin steek.”

Volgens haar het Giscard nie ‘n woord gesê terwyl hy haar gesteek het nie.

“Ek het histeries begin gil en na die bure geroep, maar niemand het gereageer nie. Wat sake ook verder bemoeilik het is die feit dat ons voorhek gesluit is vir ons eie veiligheid. Enige iemand wat my te hulp wou snel moes oor die draad spring. Nadat

Giscard my aangeval het, het hy in die huis ingehardlo­op terwyl my ma nog in die huis was.

“Op daardie stadium was ek baie swak omdat ek soveel bloed verloor het en kon ek nie saam met hom in huis in gaan nie.”

Volgens Moos het ‘n man wat ook in die straat woon na ‘n rukkie haar hulpkreet gehoor en oor die draad gespring om haar te help.

“Intussen het die polisie opgedaag en my ma in ons voorkamer aangetref waar sy bebloed op die grond gelê het.”

Sacheverel Pikaan, wat in dieselfde straat woon, was een van die eerste persone op die toneel.

“Ek het tannie Julia op die grond aangetref terwyl bloed by haar linker slaap uitgestroo­m het. Sy het ook wonde op haar arms gehad het. Tannie Julia was in daardie stadium by haar volle bewussyn en het selfs my hand gedruk,” het Sacheverel gesê.

Giscard is op die toneel deur die polisie in hegtenis geneem. Volgens Moos was Giscard sy hele lewe lank ‘n voorbeeldi­ge seun wat nie eers teruggepra­at het met haar of sy ouma nie. Sy sê haar seun was baie lief vir sy ouma. Moos het ook verduideli­k dat haar seun behandelin­g vir ‘n geestesver­steuring ontvang het, maar dat hy drie maande gelede opgehou het om sy pille te drink.

“Ek het by hom gepleit om dit te neem maar hy het botweg geweier. Die voorval het ons familie erg geskok, omdat hy so ‘n voorbeeldi­ge kind is. Vandag sit hy in die tronk en my hart is stukkend. Ek is nie kwaad vir hom nie.

Landdros The-Olen November het borgtog geweier. In sy uitspraak het hy beklemtoon dat die beskuldigd­e vir sy eie veiligheid, asook die van sy vriende en familie liewer in hegtenis moet bly.

Hy het hom ook vir waarneming en assesserin­g na die Valkenberg-psigiatrie­se hospitaal in Kaapstad verwys. Die saak is vir verdere ondersoek tot 12 Desember uitgestel.

Die begrafnis vir Julia Moos sal Saterdag 09:00 by die huis in Norah Pottstraat 2375 wees, terwyl die roudiens gisteraand om 19:00 by die VGK was. ‘n Biduur was ook Dinsdagaan­d by die huis gehou.

 ??  ?? Giscard Moos, en sy ouma vir wie se moord hy tans in hegtenis is.
Giscard Moos, en sy ouma vir wie se moord hy tans in hegtenis is.
 ?? Foto’s: Tisha Steyn ?? Nicky Mostert van Transand siviele- en boukontrak­teurs van Mosselbaai, Paul Muller (middel) en Chris Swart van die tegniese afdeling van Oudtshoorn-munisipali­teit tydens ‘n besoek aan die terrein verlede Vrydag.
Foto’s: Tisha Steyn Nicky Mostert van Transand siviele- en boukontrak­teurs van Mosselbaai, Paul Muller (middel) en Chris Swart van die tegniese afdeling van Oudtshoorn-munisipali­teit tydens ‘n besoek aan die terrein verlede Vrydag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa