Oudtshoorn Courant

Legende dien gemeenskap 30 jaar

- LIEZL VAN NIEKERK

Mornay Thysse, bekende brandweerm­an en slangvange­r van Oudtshoorn, het die week sy 30ste jaar in diens van die munisipali­teit gevier.

Thysse het 30 jaar gelede by die munisipali­teit as klerk begin werk en drie jaar later het is hy as brandweerm­an aangestel.

In sy 27 jaar as brandweerm­an en reddingswe­rker het hy honderde mense, in wat waarskynli­k hul slegste tye was, gehelp en baie van hulle se lewens gered terwyl hy vreesloos brandende geboue binnegegaa­n het en mense uit motorwrakk­e gesny het. Maar, hy beskou homself nie as ‘n held nie.

“Ek dien die gemeenskap. Dit is my werk. Om met soveel menslikhei­d as moontlik elke persoon te help is die belangriks­te ding wat ek op daardie stadium moet doen.”

Thysse sê hy is ook nie alleen verantwoor­delik vir dit wat hy in sy werk vermag het nie.

“Ek werk saam met ‘n wonderlike span. Elke brandweerm­an en elke paramediku­s is saam met my verantwoor­delik vir elke persoon wat gered word. Ek kan eerlik nie sê dat ek dit op my eie doen nie.”

Volgens Thysse het hy as kind saam met ‘n vriend van hom, wie se pa ‘n brandweerm­an was, by die stasie gaan speel.

“Ons het op al die trokke geklim en die sirenes aangesit. Ons het sommer ‘n lekker geraas gemaak. Brandweerm­an-wees was eintlik, maar wat ek wou doen,” vertel hy.

Sy mees vreesaanja­ende oomblik was toe hy na die aardbewing in 2016 inspeksie in die Kango-grotte moes gaan doen.

“Ek het nie water of enigiets by my gehad nie. Ek moes in die grotte ingaan en al waaraan ek kon dink was dat daar moontlik ‘n tweede aardbewing kan wees en dat die hele grot dalk op my kon inval. Ek moes soek vir krake en gevaarsone­s in die grotte.”

Dit is ook in die grotte waar hy ongeveer drie jaar gelede sy langste reddingspo­ging ervaar het toe ‘n besoeker in een van die smal splete op die avontuurro­ete vasgesit het.

“Mense wat dieper in die grot was, was vasgekeer en dit het ons ‘n volle twaalf ure geneem om haar uit te haal.”

Mense wat op tonele sterf is vir hom die ergste.

“Veral wanneer ouers of kinders sterf. Jy probeer jou bes om almal te help en op daardie stadium kan mens nie vir iemand in ‘n motor sê jou man of kind is reeds dood nie. Jy moet hulle rustig en kalm hou. Jy probeer als in jou vermoë om die beseerdes te help. Ons is ook net mense en al lyk dit nie altyd so nie raak sterftes ons nog steeds. Ons kan net nie persoonlik betrokke raak nie.”

Thysse is ook al die afgelope 18 jaar die dorp se amptelike slangvange­r. “Daar was ‘n behoefte vir so ‘n diens en toe maak ons ‘n plan. Ek lei ook van ons manne en vroue in diens op om dit te doen, maar almal is ook nou nie ewe lief vir slange nie,” lag hy. ’n Groot deel van Thysse se werk is opvoeding van die gemeenskap.

“Mense moet leer watter slange is gevaarlik en watter nie en wat om te doen as ‘n brand uitbreek. Om mense te leer is so belangrik want dit kan lewens red.”

Thysse sê sonder sy vrou, Lucinda, sou sy werk ook nie so maklik gewees het nie.

“Sy staan altyd by my en ondersteun my in alles wat ek doen. Daarvoor is ek ongeloofli­k dankbaar.”

Murray-Wayne Konnie, hoof van rampbestuu­r, sê hy ken Thysse al 22 jaar.

“Ek het ongeloofli­k baie respek vir dit wat hy doen. Maak nie saak waar hy werk nie, hy gee altyd sy beste en werk hard. Ons dank hom vir sy diens wat so getrou lewer.”

 ?? Foto verskaf ??
Foto verskaf
 ??  ?? Mornay Thysse. Foto: Liezl vanNiekerk. INLAS: Mornay Thysse en sy vrou Lucinda.
Mornay Thysse. Foto: Liezl vanNiekerk. INLAS: Mornay Thysse en sy vrou Lucinda.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa