Oudtshoorn Courant

Rioolverst­opping eersdaags verby

- TISHA STEYN

Riool wat gereeld by mangate in Langenhove­nstraat en by omliggende eiendomme uitborrel gaan binnekort iets van die verlede wees.

Die bestaande rioolpyp wat vir die probleem verantwoor­delik is, is oud en in ’n gehawende toestand en word tans deur ’n nuwe pyplyn van 104 m vervang. Die gedeelte wat vervang word is oorkant die graansilo’s langs die treinbrug op die George-pad geleë.

“Die ou asbes-sementpype het platgeval,” sê Paul Muller van Oudtshoorn­munisipali­teit se tegniese afdeling.

Volgens hom is in Junie vanjaar onraad gemerk toe riool by mangate in Langenhove­nstraat begin opstoot het. “Ons het ses maande gewag vir toestemmin­g van Transnet om die spoorlyn, wat in onbruik verval het, te verwyder sodat ‘n sloot vir die nuwe rioolpyp gegrawe kon word.”

Nicky Mostert, van Transand-kontrakteu­rs van Mosselbaai, het twee weke gelede begin met die grondwerke om ‘n sloot van 7,5 m diep te grawe waarin die nuwe PVC pype van 630 mm deursneë in ‘n betonomhul­sel gelê word.

“Die koste van die nuwe rioolpyp tussen twee mangate wat 104 m uit mekaar is, beloop R3,5 miljoen,” se Muller. “Dit klink dalk na baie geld, maar dit is ‘n uitstekend­e belegging in die opgraderin­g van infrastruk­tuur wat soortgelyk­e probleme vir die dorp vir ten minste die volgende 50 jaar sal voorkom.”

Die nuwe rioolpyply­n en grondwerke is beplan en word bestuur deur Lyners Raadgewend­e Ingenieurs van George wat ‘n drie jaar kontrak met Oudtshoorn­munisipali­teit het. Na verwagting sal werk aan die pyplyn voor Kersfees voltooi wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa