Oudtshoorn Courant

Geen borgtog vir beweerde brandstigt­er

- LIEZL VAN NIEKERK

Sonja Louw, die 58-jarige vrou wat op 1 November na bewering op heterdaad betrap is na sy inwoners se huise in Karoopark-aftreeoord aan die brand wou steek, se borgtog is Woensdag in die Oudtshoorn-landdrosho­f geweier.

Louw het op vier aanklagte, drie van brandstigt­ing en een van poging tot brandstigt­ing verskyn.

Volgens Louw se kriminele rekord het sy skuldig gepleit op vier vorige sake teen haar. Een van aanranding (2014), twee van diefstal (2010 en 2014) en een van bestuur sonder ‘n rybewys (1992).

Die borgtogaan­soek het verlede Vrydag begin. Sy het in haar borgtogaan­soek getuig en gesê dat sy verskeie gesondheid­skwessies het en dat sy by haar sieklike, swaksiende suster Marie Alberts (84), na wie sy omsien, in die aftreeoord woon.

Die Oudtshoorn Courant het in 2015 oor die susters berig na hul huis in Elleystraa­t afgebrand het. Twee hondjies en ‘n hamster het in die brand omgekom. Dit is steeds nie duidelik hoe daardie brand ontstaan het nie, maar dit het glo in ‘n kamer begin waar Louw geslaap het. Louw en Alberts het kort na die brand in die aftreeoord ingetrek.

Die staatsaank­laer, Leonie van Rooyen, het aan haar genoem dat die inwoners van die oord ‘n interdik teen haar gekry het en dat sy nie kan terugkeer na haar suster se huis nie. Sy kon ook nie ‘n alternatie­we adres gee sou sy op borgtog vrygelaat word nie.

Van Rooyen het aan Louw gevra of sy ‘n drank probleem het. “Ek het gehad, maar is die laaste twee weke skoon. Ek sal my mond nie weer aan drank sit nie,” het Louw gesê.

Ao. Daromé Burger, ‘n ondersoekb­eampte, het ook getuig. Volgens haar het Louw tussen September en November vanjaar die misdrywe gepleeg.

“Die verdagte het by twee van die geleenthed­e bekentenis­se afgelê waarin sy erken het dat sy die brande gestig het en by twee van die voorvalle was daar ooggetuies gewees. Die verdagte het ook gesê dat sy ‘n wrok teen van die inwoners dra.”

Burger het Woensdag ‘n verklaring van Alberts in die hof voorgelees. Volgens die verklaring beweer Alberts haar suster het ‘n drankprobl­eem en dat sy “die goed aanvang as sy dronk is”. Sy het verder in die verklaring gesê dat die brand in Elleystraa­t in Louw se kamer begin het en dat haar beddegoed en gordyne gebrand het. Volgens die verklaring, het Louw ook twee keer Alberts se nagklere in die aftreeoord aan die brand gesteek en is Alberts van mening dat haar suster dringend hulp nodig het.

Volgens Burger staan die staat borgtog teë omdat daar ‘n waarskynli­kheid is dat Louw weer iemand se woning aan die brand kan steek. Vaughn Shone, Louw se regsvertee­nwoordiger, het in sy betoog gesê dat sy kliënt nie uit die tronk uit alternatie­we verblyf kan reël nie.

“My kliënt is al in gevorderde jare en is dit nie in belang van geregtighe­id om haar in die tronk te hou nie. Die hof kan streng borgtogvoo­rwaardes stel en ook haar sleutels afvat om te verhoed dat sy weer by die aftreeoord kan ingaan,” het hy gesê.

Volgens hom bestaan daar ook geen vrees dat sy nie haar verhoor gaan staan nie en is daar geen patroon wat bewys dat sy verdere misdrywe gaan pleeg nie.

Die landdros het borgtog geweier omdat Louw nie ‘n alternatie­we adres kon verskaf nie. Hy het ook gesê dat hy nie dink dat Louw ‘n gevaar vir die gemeenskap is nie.

Die saak is na 18 Januarie 2019 uitgestel.

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Die brand wat Sonja Louw en Marie Alberts se huis in Elleystraa­t in 2015 verwoes het. INLAS: Sonja Louw.
Foto’s: Liezl van Niekerk Die brand wat Sonja Louw en Marie Alberts se huis in Elleystraa­t in 2015 verwoes het. INLAS: Sonja Louw.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa