Oudtshoorn Courant

Nog drama in Montana-bedrogsaak

- GARNETT WICOMB

Die regsvertee­nwoordiger van die voormalige ontvangsda­me van Montana gastehuis op Schoemansh­oek wat van bedrog en alternatie­welik diefstal van derduisend­e rande aangekla word, onttrek wat die saak nou nog verder sal uitrek.

Johan Wagner wat Emmerenthi­a Weygandt (33), verteenwoo­rdig het, het na die getuienis van twee verteenwoo­rdigers van Absa en die selfoonmaa­tskappy, MTN, die hof meegedeel dat hy hom onttrek. Wagner het as haar regsvertee­nwoordiger opgetree nadat ‘n vorige een, Werner Janse van Rensburg, hom ook aan die saak onttrek het.

Wagner het nie redes verskaf nie en die hof meegedeel dat indien dit later verlang word, hy bereid sal wees om dit op skrif te stel.

Weygandt staan tereg op drie aanklagte van bedrog, alternatie­welik diefstal, van R557 707.15 van Wolfgang Beitz, eienaar van Montana gastehuis.

Volgens die eerste klag word sy daarvan aangekla dat sy tussen 2013 en 2015 betalings aan diensversk­affers gemaak het terwyl die betalings eintlik in haar eie bankrekeni­ngs gemaak is. In die tweede aanklag word sy daarvan aangekla dat sy in Augustus 2015 bedrae van onderskeid­elik R30 000 en R80 000 aan ‘n beleggings­rekening betaal het terwyl die geld inderdaad in die persoonlik­e rekening van ene Bradley Titus inbetaal is.

Derdens word sy daarvan aangekla dat sy op 28 Augustus 2015 ‘n bedrag van R40 000 as ‘n donasie oorbetaal het in ‘n FNB rekening, terwyl die geld inderdaad in die persoonlik­e rekening van ’n kollega, Alfred Msuthu, inbetaal is sonder sy medewete en dit ook nie ‘n donasie was nie.

Sy pleit onskuldig op al drie aanklagte. Wagner het hom na die kruisonder­vraging van twee amptenare van onderskeid­elik Absa en die selfoonmaa­tskappy MTN, Juwairiyya­h Dayai, ‘n konsultant, en Trevor Sikhwari, ‘n wetstoepas­singsopsie­ner, aan die saak onttrek.

Dayai het getuig dat die bank nie oor rekords beskik ten opsigte van wie gelde oorplaas in die bankrekeni­ngs van andere nie.

Volgens Wagner is daar ook geen bewyse dat die beskuldigd­e geld van die gastehuis in haar eie rekening oorbetaal het nie

Weygandt het na die onttrekkin­g van Wagner op ‘n vraag van die hof aangedui dat sy om regshulp aansoek wil doen.

Die onttrekkin­g van Wagner sal die verhoor waarskynli­k verder vertraag deurdat hofstukke nou aan ‘n nuwe regsvertee­nwoordiger voorgelê moet word.

Die saak dien voor streekland­dros L.A. Wilkens en is uitgestel vir ‘n regshulppr­okureur om op rekord te kom en daarna vir ‘n datum om met die verhoor voort te gaan.

Adv Michelle Weyers is die aanklaer in die saak.

 ??  ?? Twee van die vragte voer wat in die Klein-Karoo afgelewer is.
Twee van die vragte voer wat in die Klein-Karoo afgelewer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa