Oudtshoorn Courant

Matthys Roets inspireer by Olivanti

-

Een van die eerste dinge wat hy in ‘n rolstoel geleer het, sê Matthys Roets, is om nie by ‘n inkopiesen­trum in ‘n rolstoel te sit en koeldrank drink nie. “Een of ander tyd gaan ‘n ou geld in die Coke-blikkie in jou hand gooi.”

Hierdie was een van die staaltjies wat hy sommer so terloops as deel van sy program verlede Woensdagaa­nd by Olivanti op die Rooiheuwel­pad, vertel het. Die vertoning van Roets was die eerste een wat deur die eienaars van Olivanti, Denine en Fanie van Wyk, op die terrein van die ou Jam Street gereël is.

Hulle het die eiendom verlede jaar gekoop. Sowat 100 gaste het die vertoning bygewoon. Volgens Roets is Oudtshoorn die plek van vele eerstes in sy loopbaan. Hy het in 1996 vir die eerste keer by die KKNK opgetree, maar spot dat hy mense moes nooi om die vertonings gratis by te woon. Oudtshoorn was ook die plek waar hy Lucas Maree en Gert Vlok Nel ontmoet het. Hy was in 2009 na Oudtshoorn onderweg om by die KKNK op te tree toe hy ’n motorfiets­ongeluk gehad het wat hom verlam het.

“As ek eerlik moet wees is daar vir my geen verskil in my lewe voor en na die ongeluk nie, ek lewe steeds voluit en doen alles wat ek wil doen.”

Hy spog dat dit hom slegs 30 sekondes neem om uit sy rolstoel in sy motor te kom en weg te trek. “Dit vat my 30 sekondes as iemand my nie help nie - as hulle help vat dit so drie minute.”

Roets het die unieke vermoë om mense te inspireer deur tussen sy liedjies met homself te spot en staaltjies te vertel wat mens laat herbesin oor dinge wat ons as vanselfspr­ekend aanvaar.

Sy besoek aan Oudtshoorn is deel van ‘n landwye toer wat hy heeltemal op sy eie, sonder enige ondersteun­ingsperson­eel, onderneem.

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Denine en Fanie van Wyk, eienaars van Olivanti saam met Matthys Roets voor die vertoning.
Foto’s: Hannes Visser Denine en Fanie van Wyk, eienaars van Olivanti saam met Matthys Roets voor die vertoning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa