Oudtshoorn Courant

Appelkoos-oes kleiner, maar beskikbaar

- HANNES VISSER

“Ons moet ons boerdery baie fyn bestuur as ons die droogte wil oorleef, en ons kry dit reg,” het Boets Nel, eienaar van De Krans-kelders, die afgelope naweek gesê. De Krans het hulle appelkoosb­oorde verlede week oopgestel sodat besoekers self appelkose kan pluk. Dit is ‘n jaarlikse instelling, maar vanjaar moes dit fyn beplanning kos om seker te maak dat daar appelkose is. Soos met hulle druiwe-oes moes besluit word watter boorde kry water en watter nie.

“Dis die ergste droogte ooit waarvan ek kennis dra, en hier is boere wat absoluut geen water meer het nie,” het Nel gesê en bygevoeg dat hulle nou besig is met beplanning om te besluit watter deel van die kelder se wingerde met boorgatwat­er natgelei moet word.

Alhoewel besoekers steeds in die boorde kan stap en kartonhoue­rs vol appelkose kan pluk, is die oes volgens Nel aansienlik kleiner as vorige jare en die appelkose is ook heelwat kleiner. “Dit het ‘n groot finansiële implikasie, want ons lewer appelkose vir die inmaakbedr­yf en as die vrugte nie aan ‘n spesifieke grootte voldoen nie, word hulle nie aanvaar nie.”

Volgens hom is daar steeds ‘n mark vir appelkose wat vir sap gebruik word, maar teen ‘n baie laer prys. Wat die druiwe aanbetref, sê Nel hulle kan gelukkig druiwe aankoop vir die produksie van wyn. “Dit stoot ons produksiek­oste wel op, maar ten minste kan ons voortgaan met wyn produseer.” Mense kan nog tot Sondag 25 November appelkose pluk indien daar nog genoeg vrugte is. Skakel De Krans by 044 2133 314 om te bevestig of daar teen Sondag nog vrugte beskikbaar is. Nog ‘n appekoosge­leentheid om by te woon is volgende Saterdag 1 Desember se groot appekoosko­nfytkook by Calitzdorp-stasie. Daar word beplan om konfyt te kook vir 1 000 flessies. Die konfyt word dan ten bate van liefdadigh­eid verkoop. Die jaarlikse Kersmark met ‘n verskeiden­heid stalletjie­s word dan ook tussen 09:00 en 17:00 aangebied.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Besoekers het verlede Sondag flink in die appelkoosb­oorde gepluk.
Foto: Hannes Visser Besoekers het verlede Sondag flink in die appelkoosb­oorde gepluk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa