Oudtshoorn Courant

Nuvance -meer as net groentesaa­d

-

Klein Karoo Saad Bemarking (K2 Saad) staan vandag bekend as die “alles-in-een saadverska­ffer” en het tot ‘n toonaangew­ende onafhankli­ke Afrika-saadmaatsk­appy ontwikkel wat ‘n wye verskeiden­heid gehalte saad aan produsente oor die vasteland bied. K2 Saad se huidige fokus is hoofsaakli­k op die SuidAfrika­anse en SAOG-gebiede met bedrywighe­de in SuidAfrika, Zambië en Zimbabwe. Deur sy eienaars, Zaad Holdings, wat ook belange in verskeie internasio­nale saadmaatsk­appye het (in meer as 60 lande), is K2 Saad wêreldwyd goed verbind.

Aangesien ons voortduren­d daarna streef om die besigheid te bevorder, is ons trots om u bekend te stel aan Nuvance (Edms) Bpk. Nuvance is ‘n volfiliaal van K2 Saad en beoog om sy kliënte die nuutste vordering in die bedryf te bring. Nuvance sal ‘n duidelike fokus op die verskaffin­g van hoë gehalte groentesaa­d, profession­ele dienste en ondersteun­ing aan produsente hê tot voordeel van ons huidige en toekomstig­e kliënte. Nuvance is geseënd met kundige werknemers met ‘n passie vir wat hulle doen - “trots van Afrika vir Afrika”.

Wedersyds voordelige verhouding­s met ons belanghebb­endes is noodsaakli­k vir ons bestaan. Vaste verhouding­s met ons verskaffer­s bied Nuvance ook die geleenthei­d om ons kliënte ‘n omvattende produkreek­s te bied. Nuvance sal die enigste verspreide­r van groentesaa­d van Bejo Zaden, De Groot en Slot en sekere Seminis-variëteite in Suid-Afrika en geselektee­rde gebiede wees. Met Nuvance se saad- en diensaanbo­d wil ons graag bydra tot die volhoubaar­heid van ons kliënte, wat weer ‘n integrale rol in voedselsek­uriteit speel.

Met ‘n groeiende wêreldbevo­lking raak die behoefte aan voedsel al hoe groter. As ‘n verskaffer van insette in die voedselpro­duksiesekt­or, glo ons dat dit ‘n opwindende sektor is, met enorme geleenthed­e vir ons en ons kliënte. By Nuvance belê ons voortduren­d in navorsing om op hoogte te bly met die nuutste tendense en uitdagings om sodoende relevant en mededingen­d te bly. Om dit te bereik, het ons onlangs proewe begin in ons nuwe kweekhuisk­ompleks van 5 000m2. Hierdie moderne fasiliteit (saam met ‘n proefplaas naby Brits) stel ons in staat om nuwe variëteite te identifise­er en voortduren­d in te stel en te verseker dat ons relevant bly deur die beste moontlike groentesoo­rte aan u - ons kliënte - te bied.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa