Oudtshoorn Courant

Tabakboere ontvang erkenning vir oes

- TISHA STEYN

Tabakprodu­sente uit die Oos- en WesKaap wat vanjaar die beste presteer het, is Vrydagaand by Berluda Gasteplaas op Schoemansh­oek vereer. Universal Leaf South Africa (ULSA) se 100ste bestaansja­ar is ook gevier. John Schoeman is aangewys as die beste produsent van die jaar.

“Die toekenning is gebaseer op omset per hektaar, die voldoende navolging van die produksiep­rogram en aktiewe deelname aan die bedryf,” verduideli­k Janno Koen, agronoom van ULSA.

Die Lood Lötter Familietru­st van Pearston in die Oos-Kaap het die toekenning ontvang vir die beste beplanning ten opsigte van die kwota teenoor werklike lewering (100%).

Die Middelplaa­s Trust (Piet Schoeman, bestuurder Henko Schoeman,) is aangewys as die produsent wat die beste verbeterin­g (48%) getoon het.

Die beste produsente in drie kategorieë, wat gebaseer is op die omset per hektaar wat hulle gelewer het, het erkenning ontvang.

Hulle is: Kategorie1: 0 - 10 000 kg

1: Deon Ferreira van Cormic Trust van Patensie in die Oos-Kaap 2:Jerry Strydom 3: Vonnie Barnard

Kategorie 2: 10 000 - 20 000 kg

1: Riaan Terblanche 2: John Schoeman 3: Christoffe­l Spies

Kategorie 3: 20 000 kg>

1: Tiekie Smith 2: Piet Schoeman (bestuurder Henko Schoeman)

3: Hugo Nel

Flip Nel, wat die afgelope 50 jaar ononderbro­ke tabak in die Klein-Karoo verbou, het ‘n spesiale toekenning ontvang. “Die geheim van tabakboerd­ery is om nooit kwaliteit in te boet nie. Die tabakbedry­f was nog altyd bestendig en ek het deur die jare daarin bly glo.”

Die drie beste produsente, Riaan Terblanche, John Schoeman en Henko Schoeman, bestuurder van

Piet Schoeman se Middelplaa­s Trust, het Timac Agro SA, vervaardig­er en verspreide­r van nuwe-generasie spesialite­it plantvoedi­ngsprodukt­e, se toekenning­s vir uitnemendh­eid ontvang.

“Dit was een van die moeilikste groeiseiso­ene in die Klein-Karoo en die Oos-Kaap, maar ten spyte daarvan was die oes baie mooi,” sê Chris Botha, verbonde aan Timac Agro SA en voorsitter van die tabakklub.

Volgens hom is die tabakklub gestig met die doel om uitnemendh­eid in die tabakbedry­f te bevorder. “Die tabakbedry­f is besig om te spesialise­er in ‘n nismark; dis hoekom hulle tabak van uitstekend­e kwaliteit kan lewer ten spyte van bitter moeilike omstandigh­ede.”

Louis Strauss van Philip Morris, die grootste aankoper van oonddroogt­abak ter wêreld, het ook die gesellighe­id bygewoon.

Strauss het beklemtoon dat onwettige verspreidi­ng van tabakprodu­kte en veral sigarette van swak kwaliteit, die tabakbedry­f knou.

Kontak Janno Koen by 082 703 2470 of Chris Botha by 084 250 2483 vir meer inligting oor tabakprodu­ksie.

“Die tabakbedry­f is besig om te spesialise­er in ‘n nismark; dis hoekom hulle tabak van uitstekend­e kwaliteit kan lewer ten spyte van

bitter moeilike omstandigh­ede.”

 ??  ?? Flip Nel (links) wat ‘n spesiale toekenning ontvang het vir 50 jaar ononderbro­ke tabakprodu­ksie en Chris Botha, voorsitter van die tabakklub.
Flip Nel (links) wat ‘n spesiale toekenning ontvang het vir 50 jaar ononderbro­ke tabakprodu­ksie en Chris Botha, voorsitter van die tabakklub.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa