Oudtshoorn Courant

Fietsryspa­n gaan vir Charles Miller-medalje

- WYNDHAM EWERTS

Die Dulux-fietsryspa­n, van Oudtshoorn, sal vanjaar saam met die Oudtshoorn­fietsryklu­b op 24 November aan die Coronation Double Century in Swellendam deelneem.

Volgens Louis Visser, spanlid van Dulux, gaan die span beslis nie probeer om te wen nie, maar sal hul doelwit wees dat al 12 hul fietsryers die wedren voltooi en sodoende die Charles Miller-medalje ontvang.

Charles Miller was die stigter van die wedren, en elke jaar is daar net ‘n handjie vol spanne wat hierdie medalje ontvang.

Visser sê daar was verlede jaar ‘n meganiese probleem wat hulle verhoed het om dié medalje in te palm.

“Vanjaar gaan ook ‘n baie emosionele jaar vir ons wees omdat ons spanmaat, Louis Lategan, intussen in ‘n ongeluk oorlede is.”

Lategan was verlede jaar nog deel van die span wat aan die Coronation Double Century deelgeneem het.

“Vir ons is die 202 km wat die span saamry, maar net die eindbestem­ming van ‘n groep vriende wat ‘n aktiewe lewenstyl geniet.”

Visser verduideli­k ook dat spanne nie met so ‘n wedren gelyktydig wegspring nie. Die spanne spring 30 sekondes uit mekaar weg vanaf 05:00 tot 07:30.

“Ons verwag om ons tyd van verlede jaar (7 uur en 13 minute) te verbeter.”

Verlede jaar se wentyd by die Coronation Double Century was vier ure en dertig minute.

 ?? Foto verskaf ?? Die Dulux fietsryspa­n wat vanjaar aan die Coronation Double Century-wedren gaan deelneem.
Foto verskaf Die Dulux fietsryspa­n wat vanjaar aan die Coronation Double Century-wedren gaan deelneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa