Oudtshoorn Courant

Skietdag naby De Rust

-

Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsv­ereniging (SJB) het behoorlik die skote laat klap tydens hul gewilde ghonguitda­ging

Die kompetisie het Saterdag, 17 November op die plaas Aangenaam van Henry van der Westhuizen in die De Rust-omgewing plaasgevin­d. Die dag se skiet is gekenmerk deur gunstige weersomsta­ndighede. Daar was 116 inskrywing­s en die ouderdomme het gewissel van skoliere tot naby 80. Die kompetisie het in spanverban­d plaasgevin­d met vier skuts per span.

Die goeie baanuitleg, toewyding van die baanoffisi­ere en tellinghou­ers het bygedra tot die sukses van die dag.

Deelnemers het na staalplate oor afstande vanaf 180 tot 390 meter, geskiet.

Stretch Esterhuize­n het ‘n 25.06 jaggeweer ter waarde van R12 800 wat deur Kloppers geskenk is, in ‘n gelukstrek­king gewen.

Ander pryse wat deur klein Karoo Agri geskenk is, het teleskope ingesluit. Die kompetisie het uit ses bane bestaan met vyf ghonge per baan.

Die uitleg van die bane en skietposis­ies het werklike toestande in die veld waarmee jagters te doen kry, uitgebeeld.

Die wenspanne was:

Eerste: Ghong Busters - Jacques du Plooy, Junita van Zyl, Leras van Zyl en Raynor Becker.

Tweede: Hou ons dop - Renier van Greunen, Freek Zeelie, Hugo Moolman en Fermi Meyer

Derde: Span 6.5 - Niel Basson, Hugh Ives, Gert van Wyk en Francois Botes.

Die SJB-bestuur het alle borge te bedank vir hulle bydrae om skietsport in die Suid-Kaap lewendig te hou. Die borge sluit in Kloppers, ATKV, Klein Karoo Agri, verskeie anonieme skenkers en Henry en Martie van der Westhuizen vir hulle gasvryheid en die bystand wat gelewer was met die uitleg van die bane.

Die skietdag is afgesluit met ‘n lekker saam-kuier in die stoor van Aangenaam, waar ‘n ete voorgesit is.

 ??  ?? Stretch Esterhuize­n (regs) was die wenner van die gelukstrek­king. Links is Neil Basson (Kloppers) en Louis Welman (President Suid-Kaap Jagters).
Stretch Esterhuize­n (regs) was die wenner van die gelukstrek­king. Links is Neil Basson (Kloppers) en Louis Welman (President Suid-Kaap Jagters).
 ??  ?? Die Ghong Busters-span wat gewen het is Jacques du Plooy, Raynor Becker, Junita van Zyl en Leras van Zyl. Regs is Wynand Fourie (voorsitter Suid-Kaap Jagters).
Die Ghong Busters-span wat gewen het is Jacques du Plooy, Raynor Becker, Junita van Zyl en Leras van Zyl. Regs is Wynand Fourie (voorsitter Suid-Kaap Jagters).
 ??  ?? Jagters op baan vier.
Jagters op baan vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa