Oudtshoorn Courant

Wesbank klop Knysna

- GARNETT WICOMB

Die eersteliga mansspan van die Wesbank Tennisklub het Saterdag in ‘n spannende kragmeting in die Eden Tennisvere­niging toernooi net-net daarin geslaag om die span van Knysna met 3-2 te klop. Die uitslag was tot in die laaste stel in die weegskaal.

Die belowende 16-jarige Marcelle Petzer het vir ‘n goeie begin gesorg toe hy sy enkelspel teen Ruan Killian met 7-6, 6-4 gewen het.

Knysna het egter teruggesla­an toe Jan van Wageningin vir Jacques de Beer in drie stelle geklop het.

Die telling was 4-6, 6-1, 6-4.

Dirkie Potgieter en Pieter Barnard het die eerste dubbelspel vir Wesbank ingepalm met ‘n oorwinning van 6-2, 6-2 oor Gert Beyleveld en Ayanda Nontshinga.

Kilian en Beyleveld het sake weer gelyk gemaak toe hulle vir Petzer en Barnard in die tweede dubbelspel in drie stelle met 6-2, 2-6, 6-2 verslaan het . Hierdie oorwining het bepaal dat die uitslag van die wedstryd van die laaste dubbelspel afgehang het.

De Beer en Potgieter het die knoop vir Wesbank deurgehaak toe hulle in die beslissend­e wedstryd vir Van Wageningin en Nontshinga met 6-2, 7-6 geklop het.

Wesbank se eersteliga vroue het egter Vrydag die knie voor George Tennisklub gebuig in George en met 1-4 in die stof gebyt. Die volledige uitslag is soos volg: Enkelspel Christine van Coller klop Jackie Jones 6-4, 6-2; Hanlé Cronje v/t Natasha Smit 4-6, 3-6. Dubbelspel

Rida Bester en Maryna Olivier v/t Karin Deltenre en Patty Bailey1-6, 2-6; Van Coller en Bester v/t Jones en Deltenre 4-6, 3-6; Cronje en Olivier v/t Smit en Bailey 1-6, 1-6.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Marcell Petzer.
Foto: Garnett Wicomb Marcell Petzer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa