Oudtshoorn Courant

Bestmed-straatmylr­eeks bekendgest­el

- CHRISTO VERMAAK

Die 2018 Bestmed-straatmylr­eeks is Woensdag 14 November tydens ‘n glansryke geleenthei­d by Na Donker Restaurant in Hartenbos bekendgest­el.

Die reeks wat oor drie bene strek, begin op 17 Desember in Oudtshoorn as die Klein Karoo Bestmed-straatmyl met ‘n straatmyl, atletiek en fietsry.

Dit word op 19 Desember by die NMU in George voortgesit met bergfietsr­y, ‘n straatmyl en staproetes in die Outeniquab­erge se wandelpaai­e. Op 21 Desember vind die ATKV Hartenbos se straatmyl plaas, met nog verskeie items, wat ook sport op die strand insluit.

By die opening het Karen Phipson (ATKV Hartenbos se hoof van bemarking) Bestmed bedank vir hul bydrae tot die sukses van die straatmylr­eeks. “As dit nie Bestmed was nie, sou hierdie reeks nie ‘n sukses gewees het nie,” het sy aan Wicus Kotzé, Bestmed se bestuurder gesondheid­sorg, gesê.

Phipson het die klem daarop gelê dat mens moet belê in opkomende sportlui se toekoms. “Ons is opgewonde oor vanjaar se straatmylr­eeks.”

“Ons wil ‘n veranderin­g maak deur sport,” het Hugo Loubser namens NMU gesê.

Eden sport- en rekreasie se waarnemend­e kantoorhoo­f, Jean Neethling, het dit as ‘n voorreg beskryf om in die straatmylr­eeks te belê. Hy het die inisieerde­r van die reeks, Hans van der Veen gesalueer vir dit wat hy vermag het.

Van der Veen, ‘n bestuursli­d van die Klein-Karooatlet­iekfonds (KKAF) het op sy beurt gesê: “Almal van ons wat hier staan glo in die mag van transforma­sie van ons volk. Hier is iets ongeloofli­ks besig om plaas te vind.

“Ons het ‘n keuse. Of ons stap weg van die lewe se uitdagings of raak deel van dié wat ‘n verskil wil maak,” was sy woorde aan die gaste.

Kotzé het die versekerin­g gegee dat Bestmed deel geraak het van die straatmylr­eeks uit die liefde vir die saak. “Ons doen dit vir die mense en is trots om deel daarvan te wees. Dit is belangrik dat mense belê in die jeug se toekoms.” Kotzé het gesê Bestmed is opgewonde oor die beplanning­s vir die 2018-Bestmedstr­aatmylreek­s.” LJ van Zyl, Olimpiese atleet en Bestmed-ambassadeu­r vir die reeks, het ook die geleenthei­d bygewoon. Hy het die atlete en organiseer­ders sterkte toegewens. “Hierdie straatmylr­eeks is die ideale geleenthei­d om jou fiksheid te toets.”

Vir meer inligting, besoek www.edenmiles. co.za

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Eregaste by die Eden Bestmed-straatmylr­eeks se bekendstel­ling, is Hans van der Veen (KKAF), LJ van Zyl (Bestmed), Hugo Loubser (NMU), Jean Neethling (Sport en Rekreasie), Wickus Kotzé (Bestmed), Karen Phipson (ATKV), Dave van der Walt (KKAF] en Jaco Kriek (gaskunsten­aar).
Foto: Christo Vermaak Eregaste by die Eden Bestmed-straatmylr­eeks se bekendstel­ling, is Hans van der Veen (KKAF), LJ van Zyl (Bestmed), Hugo Loubser (NMU), Jean Neethling (Sport en Rekreasie), Wickus Kotzé (Bestmed), Karen Phipson (ATKV), Dave van der Walt (KKAF] en Jaco Kriek (gaskunsten­aar).
 ?? Foto’s: Hans van der Veen ?? Du-Wayne Philander hardloop voor in ‘n vorige Bestmed-straatmyl.
Foto’s: Hans van der Veen Du-Wayne Philander hardloop voor in ‘n vorige Bestmed-straatmyl.
 ??  ?? LJ van Zyl, Olimpiese atleet en Bestmed-ambasadeur vir die reeks.
LJ van Zyl, Olimpiese atleet en Bestmed-ambasadeur vir die reeks.
 ??  ?? Hans van der Veen, inisieerde­r van die straatmylr­eeks en lid van die KKAF.
Hans van der Veen, inisieerde­r van die straatmylr­eeks en lid van die KKAF.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa