Oudtshoorn Courant

Union Stars looi Western Hope

- WYNDHAM EWERTS

Twee van Oudtshoorn se oudtse krieketklu­bs, Western Hope en Union Stars, het Saterdag op die Bridgton-sportterre­in in ‘n SWD Premierlig­a derbywedst­ryd kragte gemeet. Albei klubs bestaan reeds meer as ‘n eeu lank.

Die wedstryd het om 10:00 in ideale koel weerstoest­ande plaasgevin­d. Western Hope het die loot gewen en besluit om eerste te kolf waarna hulle vir ’n skamele 87 lopies uitgeboend­er is. Slegs Charles Willemse met 32 lopies, kon enigsins hond haaraf maak.

Union Stars se snelbouler, Herchelle America, se blitsige aflewering­s het die kolwers behoorlik laat bontstaan. Hy het uiteindeli­k met 4 paaltjies vir 23 lopies in 10 boulbeurte geëindig.

Union Stars het in hul kolfbeurt die wenteiken reeds in die 20ste boulbeurt bereik vir die verlies van 7 paaltjies en sodoende die wedstryd met 4 paaltjies gewen. Dit het aan hulle n bonuspunt besorg het.

Die kaptein, Pieter Stuurman, was onoorwonne voor die penne met 32* lopies toe die wenlopies geslaan is.

Western Hope se bouler Damian Esau kon ondanks die groot loesing steeds vier paaltjies inpalm. Die afgelope vyf jaar het Union Stars en Western Hope al in tien SWD Premierlig­a wed-stryde teen mekaar kragte gemeet, met Union Stars wat nog elke keer aan die wenkant was.

Volgens Flip Goliath , sekretaris van Western

Hope, fokus die klub meestal op ontwikkeli­ng.

“Meeste van ons spelers verlaat die klub vir groener weivelde elders nadat ons hulle ontwikkel het. “Alhoewel ons spelers tans nog baie jonk is, beskik die klub oor ongeloofli­ke talent.

“Spelers soos die middelorde kolwer Charlton Willemse en die veelsydige speler Mehego September vorm die kern van die span en moet beslis in die toekoms dop gehou word.

“Dit is nog relatief vroeg in die seisoen, en ons doelwit is om volgende jaar in die Top 6 in die SWD Premierlig­a te eindig,” het Goliath gesê. Plaaslike krieketlie­fhebbers kan uitsien na die volgende derby tussen dié twee legendarie­se spanne wat volgende jaar op 2 Februarie sal plaasvind.

Union Stars se volgende wedstryd is Saterdag teen Nelson Mandela Universite­it op George, terwyl Western Hope teen Pioneers van Plettenber­gbaai op die 25ste November sal kragte meet.

 ?? Foto: Ebenezer Titus ?? Charles Willemse (middelorde kolwer van Western Hope) wat 32 lopies aangeteken het, was die enigste kolwer wat kon hond haaraf maak teen Union Stars se blitsige boul-aanval.
Foto: Ebenezer Titus Charles Willemse (middelorde kolwer van Western Hope) wat 32 lopies aangeteken het, was die enigste kolwer wat kon hond haaraf maak teen Union Stars se blitsige boul-aanval.
 ?? Foto: Ebenezer Titus ?? Union Stars se snelbouler, Herchelle America, het die kolwers behoorlik laat bontstaan met sy blitsballe. Foto: Wyndham Ewerts. INLAS: Herchelle America.
Foto: Ebenezer Titus Union Stars se snelbouler, Herchelle America, het die kolwers behoorlik laat bontstaan met sy blitsballe. Foto: Wyndham Ewerts. INLAS: Herchelle America.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa