Oudtshoorn Courant

Baldansers verower goud en silwer

- WYNDHAM EWERTS

Twee jong baldansers van Oudtshoorn, Carson Solomons (16) en Amber Saaiman (13), het op 3 November aan die Wes-Kaapse Baldanskam­pioenskapp­e deelgeneem waar hulle ‘n eerste plek in baldans en ‘n tweede plek in die latynse dans los gedans het.

Carson is ‘n gr. 10-leerder by Langenhove­n Gimnasium en Amber is ‘n gr. 7-leerder by Laerskool Wesbank. Hierdie danspaartj­ie het eers in 2016 saam begin dans, maar het reeds in ‘n kort tydjie sukses op die dansbaan gehad.

In hul eerste jaar het hulle ‘n tweede plek by die SA Kampioensk­appe in Sun City in baldans en latynse dans los gedans.

In 2017, by dieselfde kampioensk­appe, het hulle verbeter op hul vorige jaar se tweede plek in baldans deur as algehele wenners in dié kategorie gekroon te word.

Volgens Gaynore Swartz, Amber se ma, word die twee jongelinge se sukses toegeskryf aan harde werk en absolute kameraadsk­ap.

“Albei oefen verskrikli­k hard tydens sessies, en wanneer die een se gemoed bietjie af is, sal die ander een dit weer opkikker met ‘n grappie,” het sy gesê.

Intussen het Carson en Amber baie goeie nuus ontvang. Hulle het nou opgeskuif na ‘n hoër dansvlak (novis), en oefen reeds baie hard

‘Albei oefen verskrikli­k hard tydens sessies.’

 ?? Foto’s verskaf ?? Amber Saaiman (links) en Carson Solomons met hul die bekers en sertifikat­e wat hulle by die Wes-Kaapse Baldanskam­pionskappe ingepalm het.
Foto’s verskaf Amber Saaiman (links) en Carson Solomons met hul die bekers en sertifikat­e wat hulle by die Wes-Kaapse Baldanskam­pionskappe ingepalm het.
 ?? Verskaf ?? Die dinamiese dans-duo in aksie. Foto
Verskaf Die dinamiese dans-duo in aksie. Foto

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa