Oudtshoorn Courant

Winkel in puin gelê

- GARNETT WICOMB EN LIEZL VAN NIEKERK

Timeless Trendz, ‘n winkel in Nuwestraat waar tweedehand­se klere verkoop word, is Vrydagmidd­ag in ‘n brand verwoes.

Volgens Jessica Terblanche het sy en haar ma, Erica Knoetze, die klerewinke­l bedryf.

Terblanche het Woensdag aan die Oudtshoorn Courant vertel dat haar ma saam met ‘n klant in die winkel was toe die brand uitgebreek het.

“My ma sê die brand het agter in die winkel in die dak ontstaan. Sy het net rook sien uitkom en het gegil. Die klant wat daar was het geskrik en gehardloop, want hy het gedink dis ‘n slang. Toe ek en ‘n vriend van my, Morné du Plessis, by die brand aankom het ons my ma in die winkel gekry. Sy het probeer om van die goed wat in die winkel was te red, maar dit was tevergeefs. Sy het ‘n brandwond aan haar arm opgedoen en is daarvoor behandel. Sy is egter steeds geweldig getraumati­seerd oor wat gebeur het.”

Volgens Terblanche was die winkel hul enigste bron van inkomste.

“Ons het die winkel reeds drie jaar, maar het hom in die eerste jaar uit die gebou langsaan bedryf. Ons het die afgelope drie maande nie elektrisit­eit in die winkel nie, so dit kan onmoontlik nie ’n

wees nie. Meeste van my ma se huisraad was in die winkel se stoor gebêre en dit het ook alles uitgebrand. Sy het niks meer oor nie. Die inhoud van ons winkel was ook nie verseker nie.”

Terblanche het verder gesê dat omstanders wat tydens die brand die toneel besoek het, van die items wat in die winkel was gesteel het.

“Party mense het die goed wat ons kon red gesteel. Daar het ondermeer ‘n televisie, ‘n skootreken­aar en kontant weggeraak. Ek kan nie verstaan hoe mense dit regkry om ander mense se goed te vat terwyl hulle deur een van die moeilikste tye in hul lewe gaan nie.”

Maria van Aswegen, die eienaar van die gebou, sê dat die gebou wel verseker is.

“Ek het ook ‘n begrafnisd­iens uit die gebou bedryf.

“Daar was gelukkig geen liggame op die perseel gestoor nie.”

Die vrou wat in die huis agter die winkel woon het Vrydag gesê dat die brandweer se vinnige optrede verhoed het dat haar huis nie ook afgebrand het nie. Cornelia Porter, het vertel dat sy op ‘n rusbank in haar sitkamer gelê en slaap het toe sy ‘n harde plofgeluid gehoor het.

“Ek het na die kombuis gehardloop en gesien die venster is bloedrooi. Ek het toe gedink dat ek die broodroost­er aangelos het, maar gesien dat dit af was. Dit is toe dat ek deur die venster die vlamme sien. Ek het my voëltjie gegryp en by die voordeur uitgehardl­oop.”

Sers. Gretchen Micheals, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, het gesê dat die skade ongeveer R750 000 beloop en dat geen gemene spel vermoed word nie.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Brandweerm­anne op die toneel tydens Vrydag se brand by Timeless Trendz.
Foto: Garnett Wicomb Brandweerm­anne op die toneel tydens Vrydag se brand by Timeless Trendz.
 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Timeless Trendz is Vrydagmidd­ag in puin gelê na ‘n brand in die winkel ontstaan het. Foto: GarnettWic­omb. INLAS: Jessica Terblanche en Morné du Plessis.
Foto: Liezl van Niekerk Timeless Trendz is Vrydagmidd­ag in puin gelê na ‘n brand in die winkel ontstaan het. Foto: GarnettWic­omb. INLAS: Jessica Terblanche en Morné du Plessis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa