Oudtshoorn Courant

Kenner praat reguit oor grondhervo­rming

- HANNES VISSER

“As jy aan die grondwet begin karring gaan demokrasie val.” Dit was een van die waarskuwin­gs wat dr. Christo van der Rheede, adjunk uitvoerend­e direkteur van Agri SA verlede Donderdaga­and aan die regering gerig het.

Van der Rheede was die gasspreker by die Oudtshoorn­besigheids­kamer se netwerkaan­d by De Opstal. Hy het oor die regering se voorneme om die grondwet te verander om grondontei­ening sonder vergoeding toe te laat.

Oor hierdie kwessie en die ondeurdagt­heid daarvan het Van der Rheede geen doekies omgedraai nie. Hy het gesê as daar aan die grondwet getorring word om politieke ideologieë na te jaag val demokrasie. Hy het klem gelê op die enorme rol wat kommersiël­e landbou in die land se voedselsek­erheid en die ekonomie speel. Volgens hom is daar tans ongeveer 35 000 kommersiël­e boere in die land en voedselsek­erheid word deur slegs ongeveer 7 000 van hulle gedryf. “As kommersiël­e landbou val, val die waardekett­ing en dan val die voedselsek­erheid.”

Volgens hom is die ANCpolitie­k vergiftig en gebou op kompromieë met die uitsluitli­ke doel van selfverryk­ing. “Ramaphosa se grootste uitdaging is die agendas binne die ANC. Daar lê ‘n groot stryd voor, veral omdat hy self kompromieë moes aangaan.”

Van der Rheede het verskeie statistiek­e aangehaal wat duidelik daarop wys dat grondhervo­rming wat reeds plaasgevin­d het, klaaglik misluk het. “Die staat het reeds R40 miljard aan grondresti­tusie spandeer met absoluut niks om daarvoor te wys nie. Om lappies grond links en regs uit te deel is van geen nut nie.” Hy het na die ongeveer 1 000 000 bestaansbo­ere verwys en gesê dit is sinneloos om aan hulle nog grond beskikbaar te stel, aangesien hulle nie tot voedselsek­erheid bydra nie. Volgens hom lê die oplossing in vennootska­ppe met die meer as 250 000 bruin en swart kleinboere. “Vat hande met hulle en bou landbou se toekoms deur hulle by kommersiël­e landbou te betrek en seker te maak dat hulle tot voedselsek­erheid bydra.” Om op die staat te vertrou is volgens hom ‘n resep vir mislukking. “Die staat is op hierdie stadium nie ‘n bate vir kommersiël­e landbou en voedselsek­erheid nie, maar eerder ‘n las.”

Hy het afgesluit deur te sê dat elke landsburge­r daartoe verbind moet wees om kommersiël­e landbou te red en gesond te hou.

 ??  ?? Dr. Christo van der Rheede, adjunk uitvoerend­e direkteur van Agri SA.
Dr. Christo van der Rheede, adjunk uitvoerend­e direkteur van Agri SA.
 ??  ?? Gideon Badenhorst, voorsitter van die Oudtshoorn-besigheids­kamer.
Gideon Badenhorst, voorsitter van die Oudtshoorn-besigheids­kamer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa