Oudtshoorn Courant

Adjunkbalj­u se saak uitgestel

- GARNETT WICOMB

Die saak teen ‘n adjunkbalj­u van Oudtshoorn wat sy pleit van skuldig na onskuldig wil verander is Maandag in die Oudtshoorn-landdrosho­f vir uitspraak tot volgende week uitgestel.

Louwayne Wagenaar se regsvertee­nwoordiger, Clyde Avontuur, het die hof versoek om ingevolge Art 113 van die Strafprose­swet toestemmin­g vir die veranderin­g van sy pleit te gee.

Volgens Avontuur was Wagenaar se gemoedstoe­stand nie goed toe hy skuldig gepleit het nie. Hy is glo ook onder die indruk gebring dat hy ‘n opgeskorte vonnis opgelê kan word.

Dit sal volgens Avontuur onbillik van die hof wees om nie toestemmin­g vir die veranderin­g van pleit te gee nie.

Die landdrosho­f beheeraank­laer, Lisa Cremer, het die aansoek teengestaa­n op grond van die feit dat Wagenaar byna ‘n jaar tyd gehad het om te besin oor sy besluit.

Die hof is ook nooit ingelig dat die beskuldigd­e onder geweldige emosionele druk verkeer het nie en hy is nie deur ‘n onbekwame advokaat verteenwoo­rdig nie.

Hy het skuldig gepleit op die 12 aanklagte van bedrog teen hom en is so skuldig bevind.

Landdros Roelf Konstabel het na die aanhoor van argumente van die staat en die verdedigin­g, die saak vir behoorlike oorweging tot 6 Desember uitgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa