Oudtshoorn Courant

Sassa se uitbetalin­gs vroeër

- TISHA STEYN

Sassa se Desember-uitbetalin­gs gaan vroeër gebeur. Dit beteken nie dat Sassa ‘n krismisbon­us uitbetaal nie, en die geld wat begunstigd­es nou ontvang, moet hou tot Januarie.

Sassa het bekend gemaak dat die Desember-uitbetalin­g vir mense wat hul geld by OTM’s en winkels trek, vanaf Woensdag begin het. Dit word gedoen om te voorkom dat begunstigd­es in lang toue by supermarke­t en OTM’s hoef te staan.

Begunstigd­es wat hul geld by ander uitbetalin­gspunte, soos gemeenskap­sale of geldwaens ontvang, se uitbetalin­gs begin op 3 Desember en op datums daarna volgens die skedule wat reeds bekend gemaak is.

Sassa het ook beklemtoon dat die geld vanaf Januarie 2019 nie meer in die ou wit Sassa-kaarte inbetaal sal word nie. Persone wat steeds die wit kaart gebruik, moet dringend ‘n nuwe goue kaart by Sassa se kantore of by die poskantoor kry.

Enigiemand wat nie teen 15 Desember ‘n goue kaart het nie, sal nie in Januarie ‘n uitbetalin­g ontvang nie.

Sassa waarsku ook dat begunstigd­es nie moet reageer op WhatsApp, SMS- of ander sosiale media-boodskappe nie, of hul pin of identiteit­snommer aan enigiemand moet verskaf nie. Dié streke word deur skelms uitgehaal wat die begunstigd­es wil beroof.

Kontak Sassa op die tolvrye nommer 0800 60 10 11 indien jy onseker is oor iets of ‘n skelmstree­k wil aanmeld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa