Oudtshoorn Courant

Nuwe akademie vir Oudtshoorn

-

Die Oudtshoorn-munisipali­teit gaan hande met Kunste Onbeperk vat om 'n Kuns en Kultuuraka­demie in Oudtshoorn te stig.

Volgens Lluwellyn Coetzee, senior bestuurder van strategies­e dienste, het die uitvoerend­e burgemeest­erskomitee die verslag die week voorgelê en vorm dit deel van die Visie 2030-strategie.

Dit sal volgende week voor die munisipale raad vir finale goedkeurin­g dien.

"Die Visie 2030-strategie het ten doen om die ekonomie in die dorp te stimuleer en om volhoubare werksgelee­nthede te skep," aldus Coetzee.

Colan Sylvester, burgemeest­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, het gesê dat só 'n fasiliteit lankal in Oudtshoorn gestig moes word.

"Deel van ons Visie 2030-strategie is om die Groter Oudtshoorn in 'n opvoedkund­ehub te omskep waar daar verskeie opleidings­instelling sal wees. Die kuns en kultuur-akademie kompliment­eer dus ons plan," het Sylvester gesê.

Volgens Ntobeko Mangqwengq­we, senior munisipale woordvoerd­er, het Kunste Onbeperk reeds in 2011 die plan aan die raad voorgelê en wou hulle die Toekomsrus-gemeenskap­saal as opleidings­fasiliteit vir kuns en kultuur gebruik.

Volgens hom gaan daar 'n memorandum van verstandho­uding tussen die twee partye onderteken word.

"Die munisipali­teit is ook besig met 'n omvangstud­ie om verdere ontwikkeli­ng van die sentrum te beplan. Langs die gemeenskap­saal in 'n oop spasie, wat ook as die Kloof bekend staan, wat in 'n opelugteat­er omskep kan word en daar is ook moontlikhe­de vir sport- en rekreasie-aktiwiteit­e. Die ontwikkeli­ng van die sentrum sal ook 'n inheemse tuin met paadjies en sitplekke insluit. Die omvangbepa­lingstudie het ook die funksioner­ing van die nuutgeboud­e BMX-baan uitgelig as deel van die ontwikkeli­ng van sportinfra­struktuur by die sentrum," het Mangqwengq­we gesê.

Die Wes-Kaapse minister van sport en kultuur, Anroux Marais, het ook beloof om geld vir die projek te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa